Nujoma sê bemark maroelas oorsee
Namibië se stigterpresident en stigter van die Omagongo-kultuurfees in die Omusatistreek het jongmense onlangs aangemoedig om die maroelavrug en sy neweprodukte buite Namibië te bemark.
Oudpres. Sam Nujoma het Saterdag tydens die fees aan die Ogandjera- tradisionele owerheid gesê dít sal ’n beduidende invloed op die sosioëkonomiese toestande in Namibië se landelike gebiede hê.
“Om dit moontlik te maak, moet ons onsself daartoe verbind om meer maroelabome te plant, nie net om deurlopendheid te verseker nie, maar ook om meer bome op ’n groter skaal vir produksie van meer omagongo beskikbaar te maak,” het Nujoma gesê.
Hy het gesê ’n land sonder kultuur is soos ’n boom sonder wortels, en het tradisionele leiers aangemoedig om kulturele erfenis te bevorder en kulturele beginsels en standaarde by die jeug te kweek om die land as geheel te versterk.
Die stigterpresident het die Omagongo-kultuurfees beskryf as ’n platform vir die viering van die land se kulturele uiteenlopendheid, wat samehorigheid onder Namibiërs kan help vestig.
“Dit is om hierdie rede dat ek die oudstes in die gemeenskap wil aanmoedig om ’n waardering vir maroelabome by die jeug te vestig, sodat hulle dié trotse erfenis kan behou,” het Nujoma gesê.
Visepresident Nangolo Mbumba het by dieselfde geleentheid die raad van tradisionele leiers geprys vir die voorstel om die fees jaarliks op ’n roterende basis onder die agt Aawambo- tradisionele gemeenskappe aan te bied.
Tien vrouens van die verskillende noordelike tradisionele gemeenskappe het elk ’n sertifikaat en N$1 500 as erkenning vir hul goeie omagongo-produksie ontvang.
Die fees vind gewoonlik in Februarie en Maart plaas – afhangende van die omagongo-oes en die beskikbaarheid van maroelas. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie