Nudo gelas eie Fishrot-ondersoek

'Glo nie vir Swapo'

16 July 2020 | Regering
Denver Kisting



Die National Unity Democratic Organisation (Nudo), 'n opposisieparty, sê by monde van sy nasionale voorsitter, mnr. Elia Kandjii, hy koop nie Swapo se weergawe van die Fishrot-sage nie.

Derhalwe, het Kandjii Dinsdagoggend op 'n nuuskonferensie in die hoofstad gesê, Nudo het sy eie ondersoek van stapel gestuur om agter die kap van dié byl oor die beweerde ­grootskaalse plundering van Namibiese viskwotas te kom.

Hy het op 'n vraag van Republikein oor die regerende party se weergawe gesê: “Ons glo dit nie.”

Dit kom nadat Swapo se president en die staatshoof, pres. Hage Geingob, Sondagmiddag teenoor Namibiërs verklaar het geen enkele Fishrot-pennie het in die regerende party se bankrekeninge beland nie.

Volgens Kandjii is hulle tans besig om met regskenners te beraadslaag en behoort binne enkele weke hul mening oor die aangeleentheid bekend te maak.

Die Nudo-voorsitter het voorts gesê ofskoon hul partypresident, dr. Esther Muinjangue, vroeër vanjaar deur Geingob as die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste aangestel is, skeep sy nie haar Nudo-pligte af nie.

Volgens hom loop sy geen van die party se topstruktuur se vergaderings mis nie. “Sy bly 'n toegewyde kader. Sy is die rigtingverskuiwende beampte van die party.”



NUDO NEEM DEEL

Kandjii het Dinsdag gesê Nudo gaan beslis aan die streek- en plaaslikeowerheidsverkiesings later vanjaar deelneem.

Op 'n vergadering van die party se topstruktuur die afgelope Saterdag het hulle ooreengekom alle Nudo-lede wat as kandidate benoem wil word, mag tussen 20 Julie en 20 Augustus aan veldtogte deelneem.

Intussen is mnr. Vetaruhe Kandorozu, die party se streekraadslid vir die Okakarara-kiesafdeling, daaraan skuldig bevind dat hy tydens verlede jaar se presidensiële verkiesing vir dr. Panduleni Itula, 'n onafhanklike kandidaat, voorbrand gemaak het.

Dit terwyl Nudo sy eie presidensiële kandidaat (Muinjangue) gehad het, sê Kandjii.

Kandorozu het met dié gedrag die party se naam onteer, sê Kandjii.

Die party se topstruktuur het gevolglik besluit Kandorozu mag vir die volgende twee jaar nie om enige leierskapsposisies meeding nie.

Kandorozu is ook verbied om hom binne die volgende vyf jaar aan enige soortgelyke oortredings skuldig te maak.

Kandjii het gesê hul tugkode maak ­voorsiening daarvoor dat lede van die dissiplinêre komitee nie noodwendig uit Nudo-­lede hoef te bestaan nie.

Dié komitee word saamgestel uit kundiges, sê hy.



Covid-19-beroep

Kandjii het voorts sy kommer namens Nudo uitgespreek oor die toename in die aantal ­Covid-19-gevalle in Namibië.

Hy het 'n beroep op die party se lede gedoen om hulle by die noodtoestand­regulasies te skaar wat ten doel het om die verspreiding van die pandemie in Namibië hok te slaan.

Volgens hom sal hulle eersdaags ook met strate­gieë vorendag probeer kom oor hoe om veral die situasie in die ­episentrum, Walvisbaai, te pak.

[email protected]

Soortgelyk

 

Skerp styging in gevalle in Windhoek wek kommer, sê...

58 minute gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste dr. Kalumbi Shangula het die situasie in Windhoek as "kommerwekkend" beskryf met 79 nuwe Covid-19-gevalle wat vandag in...

Twee met ivoor, velle vasgetrek

5 ure gelede | Misdaad

Twee vermeende wildmisdadigers, mnr. Gabriel Kuutondokwa Nalitje en David Simon, is verlede Maandag in Windhoek glo met drie stukke ivoor en een elk luiperd- en...

Viskwotas: Tweede Fishrot gevrees

16 ure gelede | Misdaad

Leandrea Louw op Walvisbaai - Rolspelers in die visbedryf is bekommerd dat die land in 'n tweede Fishrot-skandaal gedompel sal word as viskwotas opgeveil word....

Olifante vertrap Noorde-plase

16 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Twee troppe olifante het sedert Donderdag en oor die afgelope naweek verwoesting op plase teen die veterinêre kordonheining in die Noordooste gesaai,...

Tossing papers, tapping buttons

16 ure gelede | Tegnologie

Justicia Shipena WINDHOEKHaving started his coding journey in grade nine at De Duine Secondary School in Walvis Bay, Joachim Shilongo recently developed a...

'Beskerm jouself en ander'

16 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste gaan beheermaatreels in Windhoek verskerp in ’n poging om die toenemende skerp styging in Covid-19-gevalle...

Weer vir 11 Augustus 2020

16 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue toestande sal môre in die Suide vestig. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm, maar baie warm...

#Covid19SafetyChallenge closing date extended

16 ure gelede | Gesondheid

Justicia Shipena LifeLine ChildLine, through Uitani Radio, invites young people of all ages to participate in the #Covid19SafetyChallenge.This competition aims to monitor how many...

Japanese embassy lends helping hand

16 ure gelede | Onderwys

AI Steenkamp Primary School in Windhoek inaugurated five new classrooms as well as a storeroom on 6 August with aid from the Japanese embassy through...