Nudo beloof welsynstaat
‘n Nudo-regering sal kyk na gelyke herverdeling van rykdom deur ‘n welsynstaat te skep om gesondheid, onderwys en werkloosheid te takel.
Jemima Beukes – Die National Unity Democratic Organisation (Nudo) het ’n welsynstaat aan kiesers tydens die bekendstelling van sy verkiesingsmanifes beloof.
Nudo se president, me. Esther Muinjangue, het die skare, waarvan ’n kwart kinders was, beloof om die land se stygende voorkoms van informele nedersettings aan te spreek. Sy het kritiek verwerp dat Nudo ’n stamgebonde party is en sê die politiek van identiteit het geen plek in die party nie.
Volgens Muinjangue is dit ’n skande dat mense 30 jaar ná onafhanklikwording steeds in armoede leef, terwyl die Swapo-elite rykdom en voorregte geniet.
“Die plek waar ons ons manifes bekendstel, was ’n doelbewuste besluit. Ons wou nader kom aan dié wat steeds minderbevoorreg in ons samelewing is. ’n Nudo-regering sal kyk na die gelyke herverdeling van rykdom deur ’n welsynstaat te skep om gesondheid, onderwys en werkloosheid te takel. Dit is baie belangrik om ons mense se waardigheid te herstel,” het sy gesê.
Die Nudo-manifes beloof om gesondheidsgeriewe nader aan inwoners te bou en om te sorg dat hospitale en klinieke genoeg dokters, verpleegsters en medisyne het.
Die party beloof ook gratis onderwys en rentevrye lenings vir tersiêre onderrig.
“Die Nudo-regering sal wetgewing uitvaardig wat bepaal alle regerings- en openbare instellings moet 50% van hul verkrygingsbegrotings aan besighede in jeugbesit bestee,” lui die manifes.
Dit beloof ook om ‘n streng wet teen korrupsie en omkopery met swaar strafmaatreëls te skep.
“Die manifes is daarop gemik om maatskaplike onregte en ongelykhede in die Namibiese samelewing hok te slaan, asook die voortbestaan van sekere klasse en elitisme in regeringstrukture.
“Die huidige elite spruit voort uit die ongegronde en onvolhoubare verryking van enkeles onder die vaandel van swart ekonomiese bemagtiging, ‘n potensieel goedbedoelde beleid wat verkeerd geïmplementeer is,” lui die manifes.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie