NTY2017 deurkruis die verre Noorde
NTY2017 deurkruis die verre Noorde

NTY2017 deurkruis die verre Noorde

Dani Booysen
Bewusmakingsvergaderings vir die 2017 Namibië Dorp van die Jaar-kompetisie duur voort.
Gister was NTY2017 se bewusmakingspan op Ondangwa waar ’n ontbytvergadering deur afgevaardigdes van Ondangwa, Ongwediva en Omuthiya bygewoon is.
Mnr. Damian Egumbo, uitvoerende hoof van die munisipaliteit van Ongwediva, wenners van NTY2016, het gesê die uniekheid van ’n dorp, ’n gunstige klimaat vir sakelui en beleggers asook goeie dienslewering is deurslaggewend. Harde werk en ’n aktiewe veldtog deur die plaaslike owerheid is volgens hom noodsaaklik om te presteer.
Egumbo se ampsgenoot op Ondan-gwa, mnr. Ismael Namgongo, het gesê dié dorp gaan by Ongwediva oor hul suksesresep kers opsteek.
Besoek is ook gebring aan die nuut geproklameerde dorp van Oniipa. Gisteraand het ’n dinee vir sakelui by mnr. Ben Hauwanga se woning op Omusheshe plaasgevind en vanoggend vergader afgevaardigdes van Oshikuku, Outapi, Okahao, Ruacana en Opuwo op Outapi.
Namibia Media Holdings se vennote vir NTY2017 is Nedbank Namibia, Coca-Cola, die Africa Leadership Insitute (ALI), Pupkewitz Nissan, Vivo Energy/Shell, Kanaal 7, Waltons en Mondi Rotatrim.

Kommentaar

Republikein 2025-08-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer