NTB teiken toeriste uit Wes-Afrika
Die Namibiese Toerismeraad (NTB) het met ’n projek begin om die land as ’n toerismebestemming vir toeriste uit Wes-Afrika te bemark.
Volgens die NTB se uitvoerende hoof, mnr. Digu ||Naobeb is toeriste wat die land besoek hoofsaaklik uit Europa afkomstig, maar het die Covid-19-pandemie met betrekking tot dié mark ’n negatiewe impak op die plaaslike toerismesektor gehad.
“Covid-19 het ons gedwing om kreatief en innoverend in ons benadering te wees. Baie toerismerade fokus op krisisbestuur. Die probleem van Covid-19 is dat dit groter is as die nasionale toerismerade en wat hulle in terme van risiko kan beheer.”
Volgens hom het die likwidasie van Air Namibia sowel as die opskorting van Qatar se vlugte na Namibië ’n beperking op toegang tot die land geplaas. Nou word grootliks net op Ethiopian Airlines en Eurowings staatgemaak. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie