NSV-man werk by Afcon 2017
Sokker
Die Namibiese Sokkervereniging (NSV) se bestuurder van kompetisies, Titus Kunamuene, is aangestel om as assistent algemene koördineerder van 'n wedstrydvenue in Gaboen op te tree waar die 2017 Afrika Nasiebekertoernooi (Afcon) komende Saterdag begin.
Die toernooi eindig op 5 Februarie.
In 'n nuusverklaring het Kunamuene gesê by die venue in Port Gentil word al groep D se eerste ronde wedstryde gespeel waarin Ghana, Egipte, Mali en Uganda betrokke is.
Die Namibiër sê hy en sy helpers is verantwoordelik vir al die logistiek by die wedstryde, insluitend administrasie en organisering soos by al die ander wedstryde.
Kunamuene was in Desember verlede jaar ook 'n algemene koördineerder by die Cosafa o.20-toernooi in Suid-Afrika.
“Ek voel geëerd, want nie elkeen kry die kans om die grootse sokkerskouspel op die vasteland in hierdie hoedanigheid by te woon nie. Ek het geen twyfel dat ek sal voortgaan om myself te bemagtig om ook op tuisbodem 'n impak te maak in terme van die bestuur en administrasie van venues nie.”
Die algemene koördineerders tree op in samewerking met die beamptes wat vir onder meer die beheer van media, die tegniese studiegroep, bemarking, protokol en sekuriteit verantwoordelik is.
Ander take sluit in die jeugprogram (vlagdraers en kinders wat die spelers voor die afskop vergesel), die nasionale volksliedere en die stadion se aankondigings.
Die nuut geboude Port Gentil stadion is in Gaboen se kommersiële hoofstad gesetel en het 20 000 sitplekke.
Die toernooi se uitspeelwedstryd vir die derde plek word ook op 4 Februarie daar gespeel. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie