NSSCO-uitslae Vrydag bekend
Die voorlopige uitslae van graad 12’s wat verlede jaar die eksamen op die gewone vlak (NSSCO) afgelê het, word Vrydag bekend bemaak.
Die permanente sekretaris van onderwys, kuns en kultuur, me. Sanet Steenkamp, het Vrydag aangekondig goeie vordering is gemaak met die merk van die 56 534 voltydse en deeltydse gewonevlakkandidate se antwoordstelle.
Altesaam 23 594 kandidate was voltyds by skole ingeskryf, terwyl 32 940 deeltydse kandidate ook die eksamen geskryf het. Dit is 229, of 0,4%, meer as in 2017.
Die uitslae sal om 00:15 Vrydag op die ministerie se webtuiste, www.moe.gov.na, beskikbaar wees. Die SMS-diens sal dan ook aktief wees. Die drie SMS-nommers wat kandidate kan gebruik, is 2929, 99099 en 55755. Kandidate moet die naam van die eksamen gevolg deur hul naam en van SMS, byvoorbeeld NSSCO Theo Kaperu. Die ander metode is om hul eksamennommer te SMS.
Vrydag tydens kantoorure kan kandidate ook die streekskantore van die ministerie besoek of daarheen bel. Hulle moet hul eksamennommer byderhand hê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie