NSFAF wil eers in Maart antwoord
Die Namibië Finansiële Hulpfonds vir Studente sê onder meer swak boekhouding verhoed terugvoering oor sy geldsake.
Die Namibië Finansiële Hulpfonds vir Studente (NSFAF) sê hy was nie gereed om verlede week voor die parlementêre komitee oor openbare rekeninge terugvoering oor sy geldsake te gee nie en het derhalwe uitstel gevra.
Die reusefonds het 'n verklaring uitgereik oor waarom sy topbeamptes nie verlede Donderdag voor die komitee verskyn het nie. Volgens die uitvoerende hoof, me. Hilya Nghiwete, het die NSFAF laas Woensdag gevra vir uitstel tot Maart 2018 oor die vertraagde, interne verifikasieproses in verband met die status van lenings wat deur die destydse ministerie van onderwys - voor die NSFAF se bestaan - uitgereik is.
Volgens Nghiwete was die nodige inligting nie destyds korrek op rekord geplaas nie, wat dit nou moeilik maak om die betrokke rekeninge te rekonsilieer.
“Die NSFAF wil derhalwe die nasie inlig dat die geld ter sprake wel vir studentefinansiering gebruik is. Die rekords tot ons beskikking dui nie op enige geld wat weggeraak het of wanbestee is nie, maar eerder op swak boekhoudingrekords,” sê sy.
Weens die gesloer met die proses het die fonds die komitee ingelig dat die verhoor eers in Maart 2018 moet plaasvind om die regte inligting aan die publiek te kan verskaf.
“Ons het sowat 46 000 lêers wat heropgestel moet word vir ouditdoeleindes en om die vorm van finansiering vas te stel - hetsy as voorskot of lening - om verdere optrede in die verband te bepaal,” sê sy.
“Ons verwag die proses sal teen Maart 2018 voltooi wees as ons die nodige samewerking kry van diegene wat toe in beheer en verantwoordelik was,” sê sy.
Nghiwete het aandeelhouers, belanghebbendes en kliënte van die NSFAF gerusgestel dat “geen geld verlore gegaan het toe die NSFAF onder die ministerie (van onderwys) en onder die leierskap van mnr. Vitalis Ankama was nie. Dieselfde geld vir sy opvolger, mnr. Alfred Ilukena, en ook nou dat die NSFAF as onafhanklike agentskap onder die ministerie van hoër onderwys, opleiding en vernuwing en onder my leierskap is."
Nghiwete het belangehebbers gevra om geduldig te wees terwyl die hulpfonds die tweede fase in die heropstel van die rekords voltooi en dat inligting in die verband aan die betrokker owerhede en die publiek oorgedra sal word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie