NSFAF: Studente wag vir betaling
NSFAF: Studente wag vir betaling

NSFAF: Studente wag vir betaling

Die ministerie is voortdurend in gesprek met die tesourie om toegekende fondse beskikbaar te maak wanneer die begroting goedgekeur is.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Die Nasionale Hulpfonds vir studente (NSFAF) het tot dusver slegs 14 349 studente uit die huidige studentebevolking van 31 185 se betaling geaktiveer. Die oorblywende 16 836 studente hoop dat ook húl betalings vandeesmaand gemaak sal word.

Dr. Itak Kandjii-Murangi, minister van hoër onderwys, opleiding en vernuwing, het in die parlement op mnr. Nico Smit van die DTA se vrae oor die NSFAF gereageer.

Volgens die minister het die fonds se aansoekproses reeds op 15 Desember verlede jaar ’n aanvang geneem en het dit op 31 Maart vanjaar gesluit.

Die NSFAF het 26 040 aansoeke ontvang vir finansiële ondersteuning vir die 2017 akademiese jaar. Volgens Kandjii-Murangi was 13 619 se aansoeke suksesvol, terwyl 10 324 aansoeke verwerp is omdat dit nie aan die toepaslike vereistes voldoen het nie.

“Aan die ander kant het 2 097 aansoekers aan die vereistes voldoen, maar hul registrasiestatus by instellings van hoër onderrig is nog nie bevestig nie,” het sy gesê.

Volgens die minister word ’n individu se aansoekproses slegs gefinaliseer wanneer al die vereiste dokumente ingedien is. Dit sluit ’n bewys van registrasie by ’n geakkrediteerde en erkende instelling in.

Om te verseker dat dié aansoeke toegeken word, het die NSFAF volgens Kandjii-Murangi ’n versoek aan instellings van hoër onderrig gerig om ’n nuwe lys van registrasie te voorsien om die toekenningsproses te finaliseer. Dié proses sal na verwagting binnekort voltooi word.

“Die finalisering van die aansoekproses kan binne 48 uur gedoen word, met dien verstande dat alle vereiste dokumentasie betyds ingedien is en die verifikasieproses ongehinderd kan voortgaan.”

Volgens die minister het die NSFAF ten doel om die aansoekproses te finaliseer binne vyf maande ná dit gesluit het, om studente sodoende genoeg tyd te gee om die vereiste dokumentasie in te dien.

“Die fonds streef daarna om te verseker dat die meeste geskikte studente nie uitgesluit word nie, daarom die vyf maande wagtydperk.”

Kandjii-Murangi het egter erken sommige aansoekers maak dit “moeilik” vir die proses om betyds voltooi te word weens hul onwilligheid om ’n bewys van inkomste van hul ouers en of voog vir beoordeling in te dien.

Volgens haar is grootste rede vir die oponthoud die aansoekers wat die vereiste dokumentasie nie betyds indien nie.

“Dit vertraag die finalisering van aansoeke en die aankondiging van die uitslae.”

Met verwysing na instellings van hoër onderrig het Kandjii-Murangi gesê die fonds het ’n “hartlike” verhouding met dié instellings.

“Die verhouding dek onder meer die aspek dat studente wat gekeur is, nie negatief beïnvloed word in terme van registrasiefooie, klasbywoning en die skryf van eksamens nie.”

Die minister het beklemtoon daar is nie ’n spesifieke wagtydperk vir die goedkeuring van aansoeke nie, wel die vyf maande tydperk vir die indien van vereiste dokumente.

“Betaling is onmiddellik, mits die rekening betyds van die instelling van hoër onderrig ontvang is en die NSFAF-geborgde student geregistreer is.”

As deel van die fonds se pogings om meer doeltreffend te wees, is ’n inligtingstelsel vir die bestuur en administrasie van lenings en toelaes (LGAMIS) geïmplementeer.

Dié stelsel stel studente in staat om aanlyn te registreer.

“Die verwagting is dat dit die tydperk van aansoek tot toekenning, sowel as die betaling aan begunstigdes sal verkort - mits al die vereiste dokumente betyds ingedien is.”

Met verwysing na die beskikbaarheid van fondse het Kandjii-Murangi gesê die ministerie is voortdurend in gesprek met die tesourie om die toegekende fondse aan die NSFAF vry te stel sodra die begroting goedgekeur is.

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Weather: Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%