NSFAF: Invorderaar kap terug
Die hulpfonds word daarvan beskuldig dat hy geld roekeloos uitdeel.
Augetto Graig – Die besturende direkteur van Tribesmen Revenue Solutions, mnr. Solomon Nemaire, sê hy is “verlig” om van die “doodloopkontrak” met die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) verlos te wees.
Die NSFAF het op 12 September ’n stokkie voor dié ooreenkoms van miljoene dollar gesteek.
Volgens die NSFAF se waarnemende uitvoerende hoof, mnr. Kennedy Kandume, was die kontrak met Tribesmen nooit tot die NSFAF se voordeel nie.
Hy sê dit het die hulpfonds amper N$8 miljoen uit die sak gejaag.
Volgens hom was Tribesmen se openbare uitlatings in Maart vanjaar kontrakbreuk en dít het die NSFAF die geleentheid gebied om dié vennootskap te beëindig.
Nemaire is egter van mening dat die NSFAF 'n “openbare organisasie” is en “in 'n demokrasie soos ons s'n moet hul transaksies deursigtig wees”.
“Dit is nie goed genoeg om weg te kruip agter 'n ooreenkoms van nie-bekendmaking, wat volgens ons nie wettig is, om mislukkings en onbevoegdhede te verdoesel nie.
“Dié inligting was in elk geval in die openbare sfeer omdat hulle 'n paar dae vantevore aan die parlementêre komitee moes terugvoer gee,” het hy gesê.
Nemaire het gesê die hulpfonds deel links en regs lenings uit en oorweeg die invordering daarvan eers daarná.
Dit is volgens hom waarom “elke tweede lêer uit die meer as 50 000 lêers van begunstigdes kritieke inligting kort”.
Dié lêers bevat dikwels nie eers die betrokke student se volledige naam of regte identiteitsnommer nie, en soms nie eers die regte kwalifikasie wat die student probeer behaal nie, het Nemaire gesê.
Nog inligting wat dikwels kort, is die duur van die kursus, die student se huisadres, die opleidingsinstansie en die bedrag reeds verskuldig, het hy gesê.
Soms is daar nie eers ’n kontrak tussen die NSFAF en die student nie, en soms is die kontrak ongeteken.
“Kan jy dit glo?” het Nemaire gevra.
“Die NSFAF het in die eerste plek net ’n verkoper gesoek het om ’n stelsel vir interne skuldinvordering aan hulle te verskaf.
“Later het hulle besef hulle het nie die vermoë om dit te doen nie en het toe besluit om die hele funksie uit te kontrakteer,” het hy gesê.
“Hoe lank sal dit vat en hoeveel sal dit kos om ’n databasis van meer as 50 000 lêers met inligting wat kort, te herbou?”
Volgens hom is die kern van die probleem dat daar geen invorderingsbeleid by die NSFAF is nie.
“Dít drie jaar ná ons vir hulle ’n beleid gestuur het waaroor hulle nooit beraadslaag het en wat hulle nooit goedgekeur het nie.
“In die afwesigheid van ’n goedgekeurde invorderingsbeleid, wat onder meer die terme en voorwaardes van lenings en terugbetaling uiteensit, kan ons nie stappe neem om druk te plaas op diegene wat geld skuld nie.
“Ons kan wanbetalersbyvoorbeeld nie op die ITC laat lys nie, of op 'n proporsionele minimum betaling aandring nie,” het hy gesê.
Volgens Nemaire is dít waarom baie begunstigdes wat tot N$50 000 skuld, slegs N$100 per maand terugbetaal.
Daar is ook heelparty geskille oor die presiese bedrae wat oorbetaal is, en hoeveel daarvan toelae of lenings is, het hy gesê.
Die hulpfonds het wou weet hoe Tribesmen se maandelikse bestuursfooi van N$287 500 geregverdig kan word, aangesien die maatskappy net oor 10 personeellede beskik.
Nemaire het gesê die omstandighede is “'n viering van mislukking”.
“Om voordeel slegs in terme van getalle uiteen te sit, is om die waarde wat aan die herskepping van 'n databasis van meer as 50 000 lêers te ignoreer,” het hy gesê.
“Die regte benadering sal wees om te verstaan die herstel (van die databasis) sonder 'n beleid sal nie slaag nie,” het hy gesê.
“Die NSFAF moet geld met dieselfde ywer terugvorder as wat hulle dit uitleen,” het Nemaire gesê.
“Andersins is dit soos om die Lotto met belastingbetalers se geld te speel. Dit ondermyn die volhoubaarheid van hoër onderwysfinansiering op die lang termyn. Dít is die grootste tragedie,” het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie