NRU ‘verloor’ geskorste Jood
Die gesoute 53-jarige afrigter is skuldig bevind dat hy Namibiese rugby in oneer gebring het.
Andrew Poolman
Namibiese rugby staan oënskynlik op die punt om een van sy min oorblywende plaaslik gekweekte senior afrigters te verloor.
Deur ’n e-posboodskap tussen lede van die dissiplinêre komitee vandeesweek het Jood Opperman te hore gekom van die voorgestelde straf om hom effektief vir een jaar uit enige rugbybedrywighede te skors.
In die bevestiging van sy skorsing gister is verklaar dat die respondent vanaf die begin van die 2022-seisoen vir 12 maande geen rol in nasionale mans- of vrouespanne, klub- of skolerugby mag speel nie. Hiervan is ses maande vir ’n tydperk van twee jaar opgeskort.
Alles het begin tydens die vrouerugbytoets in die Hage Geingob-stadion op 13 November tussen Namibië en Zambië.
Opperman (53) was die tuisspan se hulpafrigter en het na bewering tydens rustyd die skeidsregter, me. Bineta Sene van Senegal, genader om sy ontevredenheid met van haar reëltoepassings te laat blyk.
“Ek het gesien wanneer ons ’n lynstaaningooi het en ons springers en ondersteunende spelers kom in die lynstaan ingestap, het sy ’n strafskop aan Zambië toegeken. Ek het by die grensregter (Namibië se Zaid Isaacs) navraag gedoen en gehoor die blaser reken hierdie taktiek gee Namibië ’n onregverdige voordeel.
“Ek het haar toe rustyd benader en gesê sy kan nie sommerso haar eie rugbyreëls opmaak nie. Ek het antwoorde gesoek oor watter taktiese verandering ek in ons kleedkamer moes voorstel, maar hulle het maar bietjie kleigetrap.”
Die Namibië Rugby-unie (NRU) het hierna dissiplinêre optrede teen Opperman begin op die klag dat hy Namibiese rugby in oneer gebring het.
“As die skorsing gebeur, is ek klaar met Namibiese rugby. Ons is juis so min plaaslike afrigters wat oor ondervinding beskik. Die hele ding kon tussen volwassenes om ’n tafel opgeklaar gewees het,” sê Opperman, wat die afgelope twee jaar ook die nasionale o.20-span se afrigter is en ook in klubrugby sukses behaal het.
• Nog ’n afrigter wat redelik stief deur die rugby-owerhede behandel is, is Robbie Dickson.
Ondanks voornemens dat hy aan opleiding blootgestel sou word om as tegniese video-ontleder in Allister Coetzee se nasionale afrigterspan te dien, het kommunikasie hieroor met die NRU opgedroog en Dickson het hom reeds voor die November-toer na Stellenbosch uit die nasionale opset onttrek.
Gister is bevestig dat Dickson volgende jaar as hoofafrigter van Trustco United sal terugkeer, met wie hy in sy debuutseisoen as afrigter die 2019 NRU premierliga gewen het.
“Ek sal later ’n voorspeler-afrigter byvoeg. Die afrigters van die weede span bly Carel Olivier en Frank Schoeman,” het Dickson gister gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie