Nou moet J&J miljarde hoes oor babapoeier
Hul regsverteenwoordigers het aangevoer die maatskappy weet sedert die 1970's dat sy babapoeier met asbes besmet is.
Johnson & Johnson (J&J) moet US$4,7 miljard aan 22 vroue betaal wat beweer die maatskappy se produkte wat talkpoeier bevat, hulle eierstokkanker gegee.
J&J word reeds deur sowat 9 000 hofsake in die gesig gestaar waarin beweer word sy babapoeier en Shower to Shower-produkte het ovariale kanker veroorsaak.
'n Hof in Missouri in die VSA het Donderdag US$550 miljoen aan die vroue toegeken en nog US$4,1 miljard in strafvergoeding. Dit is die grootste bedrag wat 'n hof tot dusver aan eisers in die sage toegeken het.
Die hofsaak het ses weke lank geduur, berig BBC.
Hul regsverteenwoordigers het aangevoer die maatskappy weet sedert die 1970's dat sy babapoeier met asbes besmet is, maar het nie verbruikers oor die gevare daarvan gewaarsku nie.
Die vroue in die saak het dié poeier en ander talkprodukte glo vir dekades lank gebruik.
J&J het egter volgehou sy produkte is nie met asbes besmet nie en die poeier veroorsaak nie kanker nie.
Die maatskappy het aangedui hy gaan appelleer. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie