Nostalgia bring ou treffers Windhoek toe
Des Erasmus
So elke twee tot drie jaar kom die uur van verlange. Dan gooi die “golden oldies” weer die kitaar oor die blad en bring as 'n orkes bekend as Nostalgia die treffers van die jare sestig en sewentig van die vorige eeu terug verhoog toe. Dus Nostalgia – soos dit eens was.
Nostalgia se laaste optredes was in 2015. Nou gaan die sesmanorkes met Walvisbaai as basis weer drie keer speel – op Saterdag 3 Junie in die Desert Tavern op Swakopmund, op 10 Junie tydens die eeufees van die Walvisbaaise gholfklub en op 16 Junie in die Wanderers-klub in Windhoek. Van die lede van Nostalgia het in hul loopbane ver versprei, maar musiek bring hulle bymekaar. So is een van die destydse kunstenaars in 2015 spesiaal van Oos-Londen af teruggebring Namibië toe vir die drie optredes.
Langs die pad het van die oudstryders uitgeval, soos John (Swartsie), wat verlede jaar aan die dood afgestaan is. Dan word sy plek weer deur 'n oudstryder van 'n orkesgroep van vergange se jare ingeneem soos nou weer met George van Straten.
Van die treffers wat hulle nuwe lewe gee is die werk van Elvis Presley, Nat King Cole, Neil Diamond, The Beatles, The Rolling Stones en Trini Lopez.
In die orkes van ses lede is vier sangers. Vir sy huidige reeks bestaan Nostalgia uit George du Preez (hoofkitaar), Gerald Roux (tromme), John Webster (ritmiese kitaar en sanger), Danie Jansen (sanger), Chicken Herbst (baskitaar en sanger) en George van Straten (ritmiese kitaar en sanger). Op 51 jaar is die bekende Herbst die jongste lid met medeorkeslede wat na hom as “Kuiken” verwys. Die ander lede se ouderdomme is 71, 70, 70, 66 en 56. Die gemiddelde ouderdom is 64. Bittereinders is George du Preez en Gerald Roux van die Blue Jays van 1962.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie