Noordwes se klank
MOGAMAT SALIE SABAN SKRYF:
As die noordwes waai.
Dan kry jy koud inni baai.
Met 'n visgeur klank vanaf die kaai.
Reuk van geld in Walvisbaai.
Mis en motreent beur voort.
Ysig koue kom uit die noord.
Diep ver tot agter inni woestyn.
Welwitschia en narrabos sal nie kwyn.
Saam met daai noordwes se sweet.
Sak die visnet diep na onder.
See jobbel en witperdjies kwaai.
Reuk van geld vul die baai.
Skoorstene kreun en steun.
Visbakke vol met 'n gedreun.
Koue noordwes bring die reent.
Danke Hemel Heer virri seën.
As die noordwes waai.
Dan kry jy koud inni baai.
Met 'n visgeur klank vanaf die kaai.
Reuk van geld in Walvisbaai.
Mis en motreent beur voort.
Ysig koue kom uit die noord.
Diep ver tot agter inni woestyn.
Welwitschia en narrabos sal nie kwyn.
Saam met daai noordwes se sweet.
Sak die visnet diep na onder.
See jobbel en witperdjies kwaai.
Reuk van geld vul die baai.
Skoorstene kreun en steun.
Visbakke vol met 'n gedreun.
Koue noordwes bring die reent.
Danke Hemel Heer virri seën.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie