NOORDERLIG: Onderwyser praat prontuit oor menstruasie
Inklusiewe opvoeding oor vroulike gesondheid
Ester Kamati op Otjiwarongo
Tijaard Uaputauka is ’n voorstander van menstruele gesondheid en higiëne, en hy praat prontuit oor menstruasie, die verleentheid van menstruasie en bloedarmoede.
Uaputauka sê die onderwerp het onder sy aandag gekom toe hy na sy suster se dogter moes omsien.
“Ek het baie tyd saam met haar deurgebring. Ek het baie by haar geleer en besef watter uitdagings sy in die gesig staar.”
As ’n onderwyser het hy gesien hoe leerlinge onder maatskaplike kwessies gebuk gaan, veral armoede en as hulle op ’n jong ouderdom wees gelaat word.
“Hierdie skep baie uitdagings wanneer dit kom by toegang tot en die beskikbaarheid van sanitêre produkte,”sê hy.
Uaputauka, wat voorspraak uit ’n manlike oogpunt maak, het dit ten doel om die stigma en die skande uit die weg te ruim wat baie mense oor menstruasie het deur middel van inklusiewe onderwys. Hy is van mening beide meisies en seuns moet oor die onderwerp opgevoed word.
“Soms as meisies vir die eerste keer menstrueer, gebeur dit by die skool. As ons nie seuns daaroor opvoed nie, sal hulle heel waarskynlik die meisie spot en só die stigmafaktor vererger. Meisies sal ook nie skool toe wil gaan terwyl hulle menstrueer nie, wat dan weer ’n negatiewe impak op die ontwikkeling van die meisie – en mettertyd die land – het.”
Met 16 jaar se ondervinding in onderwys, het Uaputauka kontakte in verskillende streke van die land en kon sy uitreike wyer strek.
Hy takel leemtes in beleide sowel as in die onderwysstelsel.
Uaputauka het saam met ’n paar vennote ’n opvoedkundige strokiesprentboek, “My first period”, oor menstruele gesondheid en higiëne gepubliseer.
Volgens hom is die boekie dusver redelik suksesvol om die leemte in skole se kurrikulum en beskikbare handboeke die hoof te bied, met die klem op higiëne eerder as die biologiese aspekte daaragter.
Die boekie beskryf hoe meisies gedurende “daardie tyd van die maand” vir hulself kan sorg, insluitend dieet, oefening en om aantekeninge van die verloop van daardie maand se menstruasie te maak.
Die inleiding van die boekie handel oor die beskikbaarheid van sanitêre produkte en die keuse daarvan.
“Ons moet keuse-gebaseerde menstruasie bevorder. As een meisie ’n menstruele kelkie wil gebruik en die ander ’n sanitêre doekie, moet dit beskikbaar wees en moet hulle toegang daartoe hê.
ONDERWYSGIDS
Uaputuaka, in samewerking met ’n groep onderwysers wat lewensvaardigheid onderrig, is besig om ’n onderwysersboekie te ontwikkel wat as hulpbrongids kan dien.
Hy het bygevoeg onderwysers bied soms dié vak aan weens interne reëlings en nie noodwendig omdat hulle daarin opgelei is nie.
Die “My first period”-boekie is vir N$30 te koop, waarvan die wins geoormerk is vir die vertaling daarvan in verskillende plaaslike tale sowel as digitale platforms met die hoop dat die inligting meer mense sal bereik.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie