NOORDERLIG: Cenored stel ‘beter’ tariewe vir SME’s in
Verligting vir kleiner ondernemings
Ester Kamati op Otjiwarongo
Tydens die onlangse bekendstelling van hul nuwe strategiese plan het die Central Northern Regional Electricity Distributor (Cenored) aangekondig dat hulle nuwe heffings vir klein- en mediumondernemings (SME’s) gaan instel.
Volgens die uitvoerende hoof, mnr. Robert Kahimise, is dié stap gedoen omdat besigheidseienaars tevore almal in een poel gegroepeer was, met beide groot en klein besighede wat dieselfde tarief vir krag betaal het.
Die kragverspreider, wat in 2005 in die sentrale noorde gestig is, het vanjaar onderneem om veranderinge in sy bedryfstrategie aan te pak en het ’n vyfjaarplan aangekondig wat aan ’n nuwe korporatiewe identiteit gekoppel is.
Die transformerende strategiese sakeplan is op 16 Augustus op Otjiwarongo bekendgestel.
Hiervolgens is die verandering aan die prysstruktuur deur middel van ’n enkelfase voorafbetaalde tarief met ’n kleiner stroombeperking en teen ’n laer tarief ingestel, in vergelyking met die bestaande voorafbetaalde algemene tarief vir groot besighede.
“Ons het die prysstrategie in werking gestel ná gesprekke wat ons met ons belanghebbendes gevoer het,” het Cenored se skakelbeampte, Charli Matengu, gesê.
Hy het verduidelik dat besighede almal saam gekategoriseer was en dieselfde tarief betaal het, ongeag die grootte van die onderneming. “Dié benadering benadeel SME’s soos byvoorbeeld salonne, omdat hulle dieselfde as groot ondernemings behandel is,” het hy gesê.
“SME’s se kragverbruik mag egter nie hoër as 40 ampere wees nie; dis die grootte van die stroombreker/meter. Die kapasiteit van die stroombreker is kleiner en kan nie groot masjinerie en produksie hanteer nie,” het Matengu verduidelik.
Die tarief is vooruitbetaalbaar en gebruik ’n kleiner stroombeperking (ampere) teen ’n laer koers. Besighede mag ook nie meer as 200 kW krag gebruik nie.
Die nuwe strategie is reeds op 1 Julie in werking gestel en enige SME’s wat vir die laer tarief wil aansoek doen, kan Cenored se kantore bel of besoek, van waar personeel hulle sal help en deur die proses sal lei.
“Hierdie tariewe is bedoel om ekonomiese groei te stimuleer en mense aan te moedig om sake te doen. Ons verstaan die gevolge van Covid-19. Nou is daar minstens ruimte om elektrisiteit te bespaar en geld vir ander dinge,” het Matengu gesê.
’n Veldtog is tans aan die gang om die publiek en sakegemeenskap oor die nuwe tariewe in te lig.
Matengu het ondernemings gewaarsku om nie te probeer om die stelsel te omseil nie. “As ons moet uitvind daar is onderduimshede, sal ons jou krag afsny. Ons sal kyk wanneer jy laas krag gekoop het en jou daarvolgens straf en ook ’n bykomende fooi hef.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie