Noorde moet teen kitsvloede waak
Elvira Hattingh - Die Namibiese weerkantoor het vanoggend teen kitsvloede in die sentrale Noorde asook die noordoostelike helfte van die land gewaarsku.
Dié waarskuwing geld vir die res van die week en die komende naweek, omdat nog wydverspreide donderbuie in hierdie gebiede verwag word.
Die weerkantoor se hoofweervoorspeller, mnr. Odillo Kgobetsi, het vanoggend aan Republikein gesê die Noorde het gister reeds goeie reën ontvang.
Volgens die weerkantoor se amptelike reënsyfers vir die afgelope 24 uur is 80 mm op Oshivelo gemeet, terwyl Oshakati en Okahau onderskeidelik 60 mm en 52 mm reën gehad het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie