Noorde brand wéér
‘n Groot veldbrand woed tans naby Tsumeb, met een persoon wat sê hy kon bykans nie verby die vuur kom om die dorp binne te ry nie.
Mnr. Mike Skrywer sê hy het vanmiddag vanuit Rundu se rigting met die Tsintsabis-pad die noordedorp Tsumeb probeer binnery, maar het aanvanklik gehuiwer om by die vuur verby te ry.
“Dit brand tans baie erg by Tsumeb, talle plase brand en baie mense is besig om vuur te slaan,” het Skrywer pas aan Republikein gesê. Hy sê dit het gister ook by Tsintsabis en in die Rundu-omgewing gebrand.
Hy het naderhand die kans gewaag en kon tog verby die vuur ry om tot in Tsumeb te kom.
Volgens nog gerugte het dit ook gister weer in die Grootfontein-omgewing gebrand. Video’s van ‘n veldbrand teenaan die pad sowat 51 km vanaf Grootfontein op pad na Rundu, is ook wyd op sosiale media gedeel.
Dit volg ná veldbrande vandeesweek reeds sowat 9 000 ha by Kalkfeld en ook 12 500 ha by Summerdown verwoes het.
FOTO’S VERSKAF.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie