Noord-Korea vuur wu00e9u00e9r missiele af
Noord-Korea vuur wu00e9u00e9r missiele af

Noord-Korea vuur wéér missiele af

Die afvuur Saterdag van twee kortafstand-missiele deur Noord-Korea kom te midde van opbouende spanning tussen Pjongjang en die VSA.
Noord-Korea het Saterdag verskeie kortafstand-missiele vanaf sy kusgebied afgevuur, wat die hoop in Amerika en Suid-Korea laat beskaam op moontlike samesprekings om die situasie tussen dié lande te ontlont.

Die missiele het ongeveer 249 km na die Noordooste getrek voordat dit in die see geval het, sê die Suid-­Koreaanse weermag in 'n verklaring. Militêre kenners sal die data ontleed om te bepaal watter tipe missiele gebruik is.

Die afvuur van die missiele het gebeur in 'n tyd van opbouende spanning tussen die regering van Kim Jong-un, Noord-Korea se leier, en die Trump-regering, berig The New York Times.

Amerika en Suid-Korea het reeds Maandag met oorlogsoefeninge begin ter voorbereiding van 'n moontlike aanval deur Noord-Korea.

Kdr. Dave Benham, 'n woord­voerder vir die Amerikaanse magte in die Stille Oseaan-gebied, het in reaksie op die laaste missiel-afvurings gesê hulle het drie kortafstand ­ballistiese ­missiel-afvurings opgemerk. Die eerste en derde missiele het in die lug gefaal, maar Benham kon nie sê hoe ver dit getrek het nie. Die tweede missiel het kort ná lansering ontplof.

Nie een van die drie missiele het egter 'n bedreiging vir Noord-Amerika of die Amerikaanse Stille Oseaaneiland Guam ingehou nie.

Saterdag se missieltoetse was die eerste deur Noord-Korea sedert dit in Julie twee interkontinentale ballistiese missiele afgevuur het. Die laaste een het die potensiaal gehad om die laer 48 deelstate van Amerika te bereik, wat pres. Donald Trump genoop het om te waarsku Amerika se weermag is “slaggereed” sou Noord-Korea oorlog verklaar.

– Netwerk24/AP

Kommentaar

Republikein 2025-09-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer