Noord-Korea vier 70 jaar met blomme, geen bomme

Tema is vrede

10 September 2018 | Internasionaal
Daar is geen langafstand-missiele ten toon gestel nie, maar wel ballonne en blomme op die miliêre parade wat Sondag in Pjongjang gehou is om Noord-Korea se 70ste herdenking te vier.

Tienduisende soldate het in pas gemarsjeer en rye en rye weermagtenks het verby die stellasie gery vanwaar Kim Jong-oen, leier van die land, die parade aanskou het.

Waar missiele in die verlede op die parade ten toon gestel is, was die tema hierdie keer vrede en ekonomiese ontwikkeling.

Geen kernwapentoetse is uitgevoer nie, soos wat die laaste twee jaar gedoen is om die dag te herdenk.

Die fokus het verskuif om eenheid op die Koreaanse skiereiland te bewerkstellig wat in twee geskeur is sedert die Koreaanse Oorlog van 1950-1953.

Vlae van ’n herenigde Korea is op vlotte ten toon gestel.

Kim vergader weer later vandeesmaand met pres. Moon Jae-in van Suid-Korea. Dit sal hul derde ontmoeting vanjaar wees.

Hulle sal na verwagting die praktiese aspekte van ontwapening verder bespreek.

Kim is gister op die feesviering op Kim Il-sung-plein gesien waar hy gelag en saam met ’n Chinese diplomaat sy hande omhoog gehou het.

Hy het vir die skare gewaai en is toe daar weg sonder om ’n toespraak te lewer. - Netwerk24

Soortgelyk

 

Chaos by skole sleep voort

3 ure gelede | Onderwys

Denver Kisting – Ouers wat nie verlede jaar vir plasing vir hul kinders in Khomasskole geregistreer het nie, sal eers teen 29 Januarie gehelp kan...

Namibië steeds in Stefan Ludik se bloed

3 ure gelede | Mense

ont face="Verdana" >Elvira Hattingh - Stefan Ludik, die bekende Namibiër wat groot naam in Suid-Afrika as ‘n akteur en sanger gemaak het, gaan die vermaakbedryf...

Verspreide donderbuie vir sentrale Noorde, Erongo

3 ure gelede | Weer

Mariselle Stofberg - Droë lug wat oor die Suide en die res van die binneland lê, gedeeltelik bewolke weer en enkele en geïsoleerde donderbuie. Dit...

Weer vir 16 Januarie

3 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en baie tot bloedig warm in die suide, andersins gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met geïsoleerde donderbuie, met 'n paar buie...

Zimbabwe smag na leierskap

3 ure gelede | Politiek

Ronelle Rademeyer – Pres. Emmerson Mnangagwa se besluit om met sy twee weke lange besoek aan Rusland en Europa voort te gaan terwyl Zimbabwe brand,...

Weermag vee hom af aan hofbevel

3 ure gelede | Plaaslik

Denver Kisting – Teen gisteroggend het die Namibiese weermag (NDF) steeds nie aan ’n hofbevel gehoor gegee nie.Kragtens dié bevel moes die NDF teen Maandag...

Namibië wil handel in witrenosters

3 ure gelede | Omgewing

Francoise Steynberg - Namibië het sy voorstelle aan die Konvensie vir die Handel in Bedreigde Spesies (Cites) voorgelê en versoek onder meer dat sy witrenosterbevolking...

Namibië het ‘gebrekkige demokrasie’

3 ure gelede | Plaaslik

Ellanie Smit – Namibië is een van die toptien mees demokratiese lande in Afrika suid van die Sahara, maar word steeds uitgesonder as ‘n land...

UPM deel sy verwagtinge vir 2019

3 ure gelede | Politiek

Denver Kisting Mnr. Jan van Wyk, die visepresident van die United ­People's Movement (UPM), sê same­werking onder opposisie­partye is opnuut nodig om te keer dat...