Noord- en Suid-Korea ontmoet 2de keer
Die leiers van Noord- en Suid-Korea het vir die tweede keer in die neutrale grensgebied tussen die twee lande ontmoet.
Ofskoon Suid-Korea se Moon Jae-in en Noord-Korea se Kim Jong-oen die naweek maar eers vir ‘n tweede keer ontmoet het, glo politieke ontleders dit wys hoe ernstig die twee lande is om weer die vredesberaad tussen Noord-Korea en Amerika op koers te kry, berig die BBC.
Pres. Donald Trump het Donderdag die beoogde beraad wat op 12 Junie sal plaasvind, gekanselleer, maar later van plan verander.
Die samesprekings tussen die twee leiers is aan die noordekant van die skietstilstand-nedersetting gehou.
Moon het gister gesê sy Noord-Koreaanse ampsgenoot is daartoe verbind om kernbewapening in die Koreaanse skiereiland te laat vaar.
Dié jongste versoeningspoging span die kroon op ‘n stormagtige paar dae van diplomatieke spanning ná Trump se aankondiging Donderdag dat die beraad van die baan is weens “openlike vyandigheid” deur Noord-Korea.
Die vredesberaad waaraan Amerika sal deelneem, handel oor die kernontwapening en om vrede in die Koreaanse skiereiland te bring.
CNN berig die tweede ontmoeting tussen Moon en Kim Jong-oen die naweek het twee uur lank geduur en dit dui daarop dat albei kante ernstig is om vrede na die gebied te bring.
Moon het gesê die twee lande wil saamwerk om vrede in die streek te verseker en wil hê die beraad tussen Amerika en Noord-Korea moet voortgaan.
Die twee leiers het gesê hulle sal saamwerk om ’n einde aan kernwapens te bring en om vrede te verseker. – Eie berig/Netwerk24/AP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie