Nooit te oud om te leer
JURIE VILJOEN SKRYF: Die spreekwoord lui dat ’n mens nooit te oud is om te leer nie. Dit word weerspreek deur die Engelse begrip: “You can’t learn an old dog new tricks".
Ek wil hierdie voorbeelde van toepassing maak deur iets wat ons in Namibië kan geniet, maar tog afskeep. Ons het so ’n ryke verskeidenheid van struike en bome, dat ’n mens die kennis daarvan jou doelwit kan maak. Soos mense verskillende voëls en diere bekyk, kan jy dit op plante van toepassing maak. Dit is makliker, want die voël wat geidentifiseer moet word, vlieg weg; die boom staan môre nog daar.
Ons het al gesê dat ná Covid die lewe nooit weer dieselfde sal wees nie. Dit is nou nie te wyte aan Covid nie, maar daar is ’n ingrypende verandering wat bome betref.
Ons het vertroud geraak met name soos Acacia erioloba of te wel ons kameeldoringboom. Oral sien ons dat die haakbosse langs die pad, die Acacia melifera, nou in volle blom is.
Maar hoeveel mense het gelees dat daar ook ’n ingrypende verandering in die botaniese benaming van ’n groot aantal bome in ons land is. Vir mense wat nie belangstel in die plantewêreld nie is dit eenvoudig genoeg om te weet dat net Australië, Acacia as botaniese naam mag gebruik.
Ons moet nou praat van Vachellia erioloba as ons na ’n kameeldoringboom verwys en na ’n haakbos as ’n Vachellia milifere.
Ja, ons wat ’n leeftyd geleer het hoe om die bome te noem, moet nou weer van vooraf leer dat dit waaraan ons ure spandeer het om te memoriseer, verander het.
Die stelling is dus waar: Ons is nooit te oud om te leer nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie