Nooit te oud om te leer
Tanja Bause
Verlede jaar het me. Elisabeth Engelbrecht (60) begin om lappoppe te maak.
Deesdae word dié poppe by die Maltahöhe-hotel aan toeriste verkoop.
“Ek het nie skool toe gegaan nie en my hele lewe lank huiswerk by verskillende mense op die dorp gedoen. Verlede jaar het ek gekyk hoe 'n ander vrou hier in die omgewing die poppe maak en besluit dit is iets wat ek ook kan doen.”
Sy het materiaal gekry en met haar eerste proeflopies begin. “Ek het probeer en geleer, en as dit nie reg was nie, weer en weer probeer totdat ek tevrede was. Nou verkoop my poppe goed en ek is baie trots.”
Engelbrecht maak ook vir elke pop 'n tradisionele Nama-lappiesrok en lappiesbroeke vir die manspoppe.
“As 'n mense talent het, is mens nogal geneig om dit weg te steek. Maar op 'n dag borrel dit net uit. Ek dink dit was in my geval so. Ek kon seker nog altyd die goed doen, maar was te besig met my werk en om my agt kinders groot te maak. Nou het ek tyd en ek geniet dit vreeslik,” het sy gesê.
Haar grootste droom is om eendag genoeg geld vir 'n klein stukkie grond te hê waarop sy kan boer.
“In my hart is ek eintlik 'n boervrou wat met bokke boer,” sê sy met 'n vonkel in haar oë.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie