Noodvoedselbank vir hospitale sonder kos
Noodvoedselbank vir hospitale sonder kos

Noodvoedselbank vir hospitale sonder kos

Die aanstel van meer as een spysenier om kos aan staatshospitale in streke te verskaf, kan moontlik ‘n voedseltekort in die Erongostreek beredder.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – ‘n Noodvoedselbank is in die Erongostreek geskep as ‘n tydelike oplossing vir die voedseltekorte wat tans in alle staatshospitale in die streek heers.

Drie maaltye vir sowat 200 pasiënte elk moet daagliks by die vier staatshospitale op Walvisbaai, Swakopmund, Omaruru en Usakos voorberei word.

Die ernstige voedseltekorte het aan die begin van September aan die lig gekom, ná die aangewese spysenieringsmaatskappy, wat maaltye aan die betrokke hospitale moes verskaf, dit weens finansiële probleme nie kon doen nie.

Volgens mnr. Cleophas Mutjavikua, goewerneur van die Erongostreek, is die voedselbank tydens ‘n vergadering met verwante rolspelers vroeër vandeesmaand gestig om die krisis op streeksvlak te takel.

Volgens hom sal die voedselbank werksaam bly totdat die krisis deur die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste opgelos is.

‘n Komitee is aangestel om die krisis te hanteer, en bestaan uit verteenwoordigers van die kantore van die goewerneur, burgemeesters van Walvisbaai en Swakopmund, die Erongostreek se gesondheidsdepartement en verskeie lede van die private sektor.

Volgens Mutjavikua is die komitee verantwoordelik vir die voedselbank se verantwoordbare en deursigtige bestuur om te verseker skenkings word aangeteken en bereik pasiënte (met die hulp van hospitaalpersoneel) in alle streekhospitale.

Hy het egter gemaan die voedselbank is net ‘n tydelike oplossing vir die voedselkrisis.

“Die onus bly op die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste om ‘n volhoubare oplossing te vind. Nie net in die kort termyn nie, maar ook in die lang termyn om toekomstige herhalings hiervan te voorkom,” het Mutjavikua benadruk.

Een van die voorstelle was dat toekomstige tenders op distriksvlak aan spysenieringsmaatskappye toegeken word en waar ten minste twee of drie maatskappye in plaas van net een aangestel word.

Die grootste bydrae tot die voedselbank is deur Erongo Marine Enterprises gemaak, wat N$300 000 geskenk het.

Die maatskappy het voorts gesê hy sal vir die dienste van ‘n bestuursagent betaal, wat in die komende maande sal verseker kos word aangekoop en uitgedeel.

‘n Sentrale punt is by die staatshospitaal op Walvisbaai geskep, waar voorrade bestuur word en vanwaar dit na ander hospitale versprei sal word.

‘n Gesondheidsinspekteur van die Walvisbaaise munisipaliteit sal volgens Mutjavikua verseker dat alle gesondheids- en veiligheidsmaatreëls in terme van die voedselskenkings nagekom word.

Koelkamers by die staatshospitale op Swakopmund en Walvisbaai wat buite werking was, word tans ook deur Erongo Marine Enterprises teen ‘n beraamde koste van meer as N$550 000 herstel.

Mutjavikua het sy dank teenoor lede van die publiek uitgespreek wat reeds skenkings gemaak het.

Kommentaar

Republikein 2024-05-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.3 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.51 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.12/OZ DOWN -0.0098 | Copper US$ 4.52/lb DOWN -0.0028 | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.48/BBP DOWN -0.0096 | Platinum US$ 954.33/OZ DOWN -0.0012 Sport results: Premier League: Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Weather: Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.3 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.51 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.12/OZ DOWN -0.0098 | Copper US$ 4.52/lb DOWN -0.0028 | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.48/BBP DOWN -0.0096 | Platinum US$ 954.33/OZ DOWN -0.0012