Noodtoestand oor die droogte afgekondig
Ronelle Rademeyer - Die staatshoof pres. Hage Geingob het laat vanmiddag ‘n noodtoestand ingevolge Artikel 26 van die Grondwet uitgeroep.
“Ons is aan die einde van die reënseisoen en het nie genoeg reën ontvang nie. Dit beteken ons staar die natuurlike ramp van ‘n droogte in die gesig en baie sal deur die situasie geraak word,” lui die verklaring deur Staatshuis.
Volgens landbouliggame beleef Namibië die ergste droogte in menseheugenis en duisende stuks vee het reeds gevrek.
In kommunale en kommersiële landbougebiede is geen weiding oor nie en droëland-akkerbouers verwag misoeste.
Mahanguprodusente in die Noorde het reeds hul vee in die lande ingejaag om die verdorde plante te vreet.
Van georganiseerde landbou se kant is ‘n noodfonds, Dare to Care, begin en meer as N$5,45 miljoen is ingesamel om veevoer teen gesubsideerde pryse deur middel van koeponne aan boere beskikbaar te stel. Dit kon 108 000 sakke voer help finansier.
Die regering het ook vroeër bekend gemaak dat sowat N$573 miljoen in totaal vir noodverligting ten tye van die droogte beskikbaar gestel word.
Dit is die tweede noodtoestand weens droogte in ses jaar.
Die vorige president, mnr. Hifikepunye Pohamba, het in Mei 2013 ook ‘n noodtoestand afgekondig. In baie dele van die land is sedertdien ondernormale neerslae gemeet.
Foto: Willie Olivier

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie