Noodsaaklike, kritieke dienste: Nuwe aansoek nie nodig
Noodsaaklike, kritieke dienste: Nuwe aansoek nie nodig

Noodsaaklike, kritieke dienste: Nuwe aansoek nie nodig

Denver Kisting


Denver Kisting - Die ministerie van handel en nywerheidsontwikkeling sê by monde van sy adjunk- uitvoerende direkteur, me. Ndiitah Nghipondoka-Robiati, leweraars van noodsaaklike en kritieke dienste hoef nie opnuut om ’n magtigingsertifikaat aansoek te doen nie.

Volgens haar is die dokumente wat onlangs aan dié ondernemings uitgereik is, geldig vir die ses maande lange noodtoestand.

Die aanvanklike inperkingstydperk, wat vir die Khomas- en Erongostreek gegeld het, loop Vrydag om 23:59 ten einde.

Pres. Hage Geingob het egter gistermiddag by Staatshuis aangekondig die tydperk word tot middernag op 4 Mei verleng en sal ’n landswye inperking behels.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer