Nood(hulp)sake
‘n Kampeervakansie is ongelukkig nie ‘n spontane wegbreek nie. Dit verg noukeurige beplanning. Daar is ‘n paar noodsaaklike items waarvan jy nooit moet vergeet nie. Dit sal beslis nie pret wees om sonder toiletpapier in die bos te sit nie. Die een item wat egter nóóit by die huis gelos moet word nie is ‘n noodhulpkissie. Daar is nie veel wat jy kan doen as jy honderde kilometers weg is van die naaste hospitaal en jou kind doen ‘n brandwond of insekbyt op nie. Maak dus seker jou noodhulpkissie is met die volgende noodsaaklike items toegerus:
- ’n Skêr. Onthou, jy het iets nodig om pleisters en verbande mee te knip. En om die kougom uit jou dogter se hare mee te verwyder.
- ’n Tangetjie. Dit kan gebruik word om dorings (of ander skerp voorwerpe soos ’n by se angel) uit die vel te trek.
- Minstens twee pare chirurgiese handskoene. As jy meer as dít gaan bloei, ry na die naaste hospitaal.
- Oogdruppels.
- Pleisters van verskillende groottes. Weer eens, as die bloeding nie ná ‘n hele pak pleisters gestop het nie, bel ’n ambulans.
- Salf vir geringe brandwonde.
- Antiseptiese lappies.
- Antiseptiese salf.
- Steriele watte. Gebruik dit om nat wonde te dreineer.
- Gaas om druk op oop wonde te plaas.
- Koorsmedisyne.
- Voorskrifmedisyne wat jou gesin moontlik gebruik soos asmapompies, insulien, hartmedikasie, bloeddrukmedisyne en ‘n epipen.
- Pynpille.
- Antihistamien vir allergiese reaksies.
- Maagmedikasie soos lakseermiddels vir hardlywigheid en medisyne teen diarree.
- ‘n Houer om al die bogenoemde in te bêre.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie