Nokia 9: Uniek, maar haal nie heeltemal die paal

Omdat die foon vyf afsonderlike foto’s saamsmelt, neem dit tot 10 sekondes om te verwerk.
Petrus Malherbe – Nuuskierige agies se monde het behoorlik oopgehang toe die eerste steelfoto’s van Nokia se nuutste vlagskipfoon maande gelede op die internet beland het.

In plaas van een, twee of selfs drie kameras, het die Nokia 9 PureView výf kameralense wat almal gelyktydig ’n foto neem wat uiteindelik danksy gevorderde sagteware saamgevoeg word.

Op sigself klink dit dalk na ’n wonderlike idee: jy kry ’n foto met vyf keer die gehalte van ’n selfoonkamera met net een lens.

Tog is meer nie noodwendig beter in die geval van die PureView nie. Die saamgestelde foto is eintlik net in 12 MP en die PureView neem nie besonder goeie kiekies in donker toestande nie.

Portretfoto’s van vriende of voorwerpe word wel vasgevang met ’n verbasende hoeveelheid diepte, maar dit verg ’n mate van kennis met die vertellings van die foon om die beste moontlike foto te neem.

Trouens, die PureView se kamera is seker so na aan ’n “gewone” kamera se funksionaliteit as wat moontlik is met ’n selfoon.

Die foon se sagteware gee jou verbasend baie beheer oor watter verstellings jy kan maak om ’n foto na wense te laat vertoon. Maar al dié moeite is ligsinnig as jy net vinnig jou foon wil gryp om sussie se eerste treë af te neem, of vir Wagter wat op die strand hardloop.

Die PureView verg geduld, nie net met die verstellings vir die perfekte foto nie, maar ook om dit uiteindelik te sien.

Omdat die foon vyf afsonderlike foto’s saamsmelt, neem dit tot tien sekondes of meer om te verwerk voordat jy die vrug van jou dade kan aanskou.

Dit is ’n ongelooflik frustrerende ervaring. As jy byvoorbeeld ’n groep vriende afneem, sal jy eers tien sekondes moet wag voordat jy kan sien of almal se oë oop was!

Die PureView het ook nie ’n ingeboude galery-app nie. Alle foto’s word eerder regstreeks na Google Photos gestuur waar dit op die toestel sowel as in die wolk geberg word.

Nokia het intussen ’n bywerking tot die kamera se sagteware uitgereik wat hulle sê die tyd wat dit neem om foto’s te verwerk, aansienlik verkort.

Ek kon geen verandering in dié tyd bespeur nadat ek die toestel wat ek getoets het, se sagteware bygewerk het nie.

Battery en bedryfstelsel

Die PureView maak gebruik van Android One, ’n spesiale weergawe van die Android-bedryfstelsel wat beteken dit word voorsien van bykomende sekuriteit en kom ook met heelwat minder onnodige apps wat vooraf op ander fone geïnstalleer word.

Nokia belowe ook dat die toestel al die nodige bywerkings, insluitende nuwe weergawes van Android vir minstens die volgende drie jaar, gaan ontvang.

Afgesien van die stadige kamera werk die PureView flink. Die foon is ’n lekker grootte en pas steeds gemaklik in die hand.

Die skerm is sensitief vir aanraking, maar die ingeboude vingerafdrukskandeerder laat veel te wense oor. Die vingerafdrukker is in die skerm ingebou en vereis dat jy jou duim hárd daarop moet druk voordat dit enigsins jou vingerafdruk registreer.

Gelukkig werk die toestel se gesigsherkenningstegnologie heelwat beter.

En die PureView se battery van 3 320 mAh verdien respek.

Ingeboude sagteware help dat jy die foon se batterylewe met etlike ure, selfs dae kan verleng.

Ongelukkig is die gevolg daarvan ook dat die PureView vreeslik lank neem om te herlaai. As dit heeltemal pap is, neem dit ure voor jy weer 100%-batterykrag het.

Gevolgtrekking

Kortom is dit moeilik om die PureView aan te beveel in stede van ander, beter produkte wat tans beskikbaar is.

Om weer ’n Nokia te besit, spreek dalk tot ’n nostalgiese gevoel van vervloë dae toe elke Jan Rap en sy maat ’n Nokia begeer het.

Maar dié maatskappy, wie se fone deesdae deur HMD Global onder die Nokia-handelsnaam vervaardig word, sal met iets meer noemenswaardig vorendag moet kom om ’n nuwe generasie te oortuig ’n Nokia is steeds ’n foon wat almal moet hê.

Die Nokia 9 PureView is reeds beskikbaar by al die diensverskaffers op kontrak sowel as vir kontant. Vergeleke met sy mededingers is die PureView ook teen sowat R15 000 bietjie goedkoper as byvoorbeeld die jongste iPhone of vlagskip Huawei-foon. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 22.99 | EUR to NAD 19.76 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.2 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.93 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.8 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1519 | USD to ZAR 18.2 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13421.4 Down -0.59% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25316.08 Down -0.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 381.51/OZ DOWN -0.0044 | Copper US$ 4.86/lb DOWN -0.0079 | Zinc US$ 2 973.00/T DOWN -0.35% | Brent Crude Oil US$ 83.45/BBP UP +0.22% | Platinum US$ 1 062.90/OZ DOWN -0.0065 Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.99 | EUR to NAD 19.76 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.2 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.93 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.8 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1519 | USD to ZAR 18.2 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13421.4 Down -0.59% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25316.08 Down -0.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 381.51/OZ DOWN -0.0044 | Copper US$ 4.86/lb DOWN -0.0079 | Zinc US$ 2 973.00/T DOWN -0.35% | Brent Crude Oil US$ 83.45/BBP UP +0.22% | Platinum US$ 1 062.90/OZ DOWN -0.0065