Nokia 3 maak sy buiging in SA
Niel Joubert - Die Nokia 3 is ook nou in Suid-Afrika beskikbaar. Dit volg kort op die hakke van die Nokia 3310, wat in Mei bekend gestel is.
Nuwe lewe is in Nokia-fone geblaas deur HMD Global, wat in 2016 die eksklusiewe regte bekom het om vir die volgende tien jaar die Finse handelsnaam te gebruik.
In teenstelling met die 3310 is die Nokia 3 ’n slimfoon en sal die kleinhandelprys sowat R2 199 wees.
Hy gebruik Android se bedryfstelsel, het ’n skerm van 5” en ’n 8-megapieksel-kamera voor en agter.
Die foon sal in twee kleure beskikbaar wees: Matte Black en Tempered Blue.
“Premium is ’n ervaring en nie ’n pryspunt nie,” sê Justin Maier, hoof van HMD Global in Afrika suid van die Sahara.
“Ons het diep nagedink oor die algehele vertoning van die Nokia 3 om seker te maak dat ’n voorste ervaring van hoë gehalte vir almal toeganklik is.”
“In vandag se tye, waar verbruikers sukkel, is mense nie gewillig om ’n kompromis aan te gaan oor gehalte of ontwerp nie en die Nokia 3 is die volmaakte mobiele genoot vir waardebewuste verbruikers.”
HMD Global het in Januarie die eerste nuwe Nokia-slimfoon bekend gestel – die Nokia 6 – nadat hy die eksklusiewe regte bekom het. Sy strategie is om die liefde vir die handelsnaam te gebruik om sy klante nostalgies daaroor te maak.
Die Nokia 5 is ook vroeër vanjaar bekend gestel.
Nokia was in ’n stadium die wêreld se voorste selfoonvervaardiger, maar het veld verloor met die skuif na slimfone. Samsung en Apple het toe die mark oorgeneem.
Nokia Oyj, wat nou op selfoonnetwerke fokus, sal tantieme van HMD kry, maar het geen belang in die maatskappy nie.
’n Suksesvolle terugkeer vir die Nokia-handelsnaam sal ’n besondere prestasie wees – een wat BlackBerry of Siemens nie kon regkry nie. Dié maatskappye was, soos Nokia, die slagoffer van die gewildheid van onder meer Apple en Samsung se slimfone.
HMD beheer die verkope, bemarking en verspreiding van die Nokia-handelsnaam vir slimfone, hoewel die vervaardiging in die hande is van ’n filiaal van Foxconn Technology nadat Microsoft daarvan ontslae geraak het. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie