Nog vier sterftes, 11 gesondheidswerkers onder 181 nuwe gevalle
Die uitvoerende direkteur in die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, mnr. Ben Nangombe, het vanaand aangekondig nog vier mense het aan Covid-19-verwante oorsake gesterf. Dit sluit drie sterftes in Windhoek en een in Walvisbaai in. Dit bring die totaal op 35 te staan. Nangombe het ook 181 nuwe gevalle aangekondig en wat 11 gesondheidswerkers insluit. Die 181 nuwe gevalle sluit 109 in Windhoek, 44 in Walvisbaai, 12 in Swakopmund, een in Arandis, sewe in Onandjokwe, drie in Katima Mulilo, twee in onderskeidelik Oshakati en Outapi en een in Okahao in. Dit bring die totaal vir die land op 3 907 te staan.
Die drie sterftes in Windhoek is 49-jarige man, 'n 68-jarige vrou en 'n 68-jarige man in. Laasgenoemde twee sterftes het onderliggende mediese toestande gehad. Die sterfte in Walvisbaai was 'n 41-jarige man met onderliggende mediese toestande.
Volgens Nangombe sluit die 11 gesondheidswerkers wat positief vir Covid-19 getoets het, sewe in Windhoek, drie in Katima Mulilo en een van die Outapi-distrik in. Tot op hede het 113 gesondheidswerkers positief getoets.
Volgens Nangombe het nog tien gevalle ten volle herstel en wel ses in die Khomas en vier in die //Kharasstreek. Dit bring die totaal op 2 352 te staan. Die aantal aktiewe gevalle staan tans op 1 523 en die aktiewe kontakte is 4 444. Tot op hede is 40 397 weefselmonsters getoets en is 1 517 mense tans in kwarantyn in geriewe oraloor in die land.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie