Nog twee dood ná gru-ongeluk
Tanja Bause - Die ongeluk waarin sewe mense verlede Woensdag tussen Otjiwarongo en Otavi gesterf het, het nog twee se lewe geëis.
Die ongeluk het om 13:00 sowat 15 kilometer buite Otjiwarongo plaasgevind.
Volgens 'n woordvoerder van die Namibiese polisie, hoofinspekteur Kauna Skikwambi, het die bestuurder van die minibus glo probeer om ’n ander voertuig verby te steek en teen ’n aankomende bakkie gebots. Die minibus het met die impak in vlamme uitgebars wat na die bakkie versprei het.
Daar was 17 mense in die minibus, onder wie die bestuurder. In die bakkie was net die bestuurder.
Twee kinders en vyf volwassenes het verkool en op die toneel gesterf.
Die polisie doen ’n beroep op familielede om die polisielykshuis in Windhoek te besoek sodat die lyke uitgeken kan word.
“Hulle is nie herkenbaar nie en ons benodig DNA-monsters van familielede sodat ons hulle kan identifiseer,” het sy gesê.
Intussen het nog twee mense in die hospitaal gesterf wat die dodetal van die ongeluk op nege te staan bring.
Nege beseerde mense is nog in die hospitaal, vier in die staatshospitaal op Otjiwarongo en vyf in Windhoek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie