Nog twee banke steun Gordhan teen Guptas
Hanlie Stadler - Standard Bank het Vrydagmiddag in ''n verklaring van net een sin lank sy steun toegesê aan Pravin Gordhan, Suid-Afrika se minister van finansies, se hofstryd teen die Guptas.
“Standard Bank stem met die minister van finansies saam dat die regering wetlik nie by magte of verplig is om in te meng by die verhouding tussen ''n bank en sy kliënte wat betref die sluiting van bankrekeninge nie,” sê die verklaring, wat deur die woordvoerder Erik Larsen uitgestuur is.
Barclays Africa, moedermaatskappy van Absa, het later aan Bloomberg gesê hy gaan ''n “verduidelikende beëdigde verklaring” by die hof indien.
Dis presies dié soort verklaring – wat moontlik uiteen sal sit waarom die bank sy verhouding met die Guptas en hul maatskappye beëindig het – waarop Pravin Gordhan gehoop het toe die minister van finansies verlede week in ''n onverwagse stap hof toe is.
Gordhan versoek die hooggeregshof om ''n verklarende bevel uit te reik oor die magte van die ministerie om tussenbeide te tree nadat vier groot banke die Gupta-beheerde Oakbay Investments se bankrekeninge gesluit het.
By Gordhan se hofaansoek is ''n lys van 72 “verdagte transaksies” ter waarde van R6,8 miljard aangeheg wat die Finansiële Intelligensiesentrum geïdentifiseer het.
Absa, FNB, Nedbank en Standard Bank, wat almal rekeninge met die Guptas of hul maatskappye gesluit het, is onder die lang lys respondente in Gordhan se aansoek.
Die banke het in April vanjaar besluit om nie meer met die Gupta-familie en sy maatskappye sake te doen nie. Dit het byna die werksaamhede van die genoteerde mynmaatskappy Oakbay Resources and Energy tot stilstand gebring.
FirstRand, moedermaatskappy van FNB, het Donderdag gesê hy steun die minister se uitgangspunt dat hy nóg by magte is nóg wetlik verplig is om in te gryp. Die bankgroep se prokureurs sal FirstRand raad gee oor hoe om die saak te hanteer.
Old Mutual, wat Nedbank besit, sê hy oorweeg steeds “die beste pad vorentoe” met sy regspan en sal Vrydag teen die spertyd die staatsaanklaer laat weet of hy Gordhan se aansoek steun of betwis.
Intussen het die tesourie Vrydag gesê hy gaan nie in die media reageer op die Guptas se aanvalle nie en dat hulle eerder aan die hofproses moet deelneem.
Die afgelope week het Nazeem Howa as uitvoerende hoof van Oakbay Investments en as direkteur van Oakbay Resources bedank, glo om gesondheidsredes. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie