Nog reën die naweek verwag
Terwyl groot dele van die land gister deur die dag wéér reën ontvang het, meen die weerkantoor die gunstige weer behoort steeds voort te duur.
Elvira Hattingh – Terwyl die weerkantoor ’n weerwaak vir vandag vir wydverspreide donderbuie oor die westelike helfte van die binneland uitgereik het, word meer reën oor die naweek verwag.
“Voortgesette reënbuie sal na verwagting oor die naweek in die noorde, sentrale en suidelike streke van die land voorkom en selfs wydverspreid op plekke wees.
“Hierteenoor sal koel, droë lug ná die naweek oor die Suide posvat,” het die Namibiese weerkantoor se hoofweervoorspeller, mnr. Odillo Kgobetsi, gister aan Republikein gesê.
Die verwagting is dat die reën se fokusgedeelte die sentrale suidooste van die land sal wees, het hy gesê.
Volgens die weerkantoor se amptelike rekords is gisteroggend 29 mm op Ondangwa gemeet, terwyl Grootfontein 22,6 mm en Windhoek 18,8 mm gehad het.
Op Gobabis het dit 12 mm gereën en op Okahandja 10,8 mm, terwyl Walvisbaai 8,2 mm reën gemeet het. Outjo, Mariental en Okaukuejo het onderskeidelik 7,6 mm, 5,2 mm en 2,6 mm gehad. Op Wlotzkasbaken teen die kus, het dit ook 6,7 mm gereën.
Op die Facebook-groep Reën in Namibia is laat weet dat reënmeters gisteroggend in Olympia, Windhoek, op 40 mm gestaan het, terwyl 26 mm reën in Hochlandpark gemeet is. Onderskeidelik 50 mm en 55 mm is in Auasblick en Klein Windhoek gemeet.
Altesaam 5 mm is op Walvisbaai gemeet, terwyl nog ’n Facebookgebruiker op Ondangwa 33 mm gemeet het. Op Oshakati het dit 13 mm gereën, terwyl iemand laat weet het Otjiwarongo het 32 mm reën en baie stormagtige weer gehad.
Op ’n plaas tussen Kalkrand en Maltahöhe is oornag 35 mm teen gisteroggend gemeet, terwyl die reën onverpoos voortgeduur het.
VYF DAMME KRY WATER
Teen Woensdagmiddag om 14:50 het die Hardapdam nog sowat 289,3 m³ per sekonde water ingekry, terwyl nog drie ander nasionale damme sedert Maandag ’n inloop van water gehad het.
Volgens ’n tussentydse damverslag wat Woensdag deur NamWater uitgereik is, het die Hardapdam tussen Maandagoggend en Woensdag altesaam 26,197 miljoen kubieke meter (Mm³) water ingekry.
Dié hoeveelheid water is gelyk aan 55% van die Von Bachdam se kapasiteit. Dit het die veel groter Hardapdam se vlakke (kapasiteit 294,593 Mm³) egter met 8,9% tot op 56,6% gelig. Teen gisteroggend om 09:30 het Mariental se munisipaliteit gesê die dam se vlakke staan reeds op 61,70 %.
Die Nautedam, met ’n kapasiteit van 83,580 Mm³, se sluise is Dinsdag getrek toe dit sowat 108,2% vol was, dui die verslag aan. Toe het dié dam 17,3 m³ water per sekonde ingekry. Sedertdien is die dam se vlakke afgebring tot op 99,4% nadat sy slik-uitlaatkleppe ook oopgemaak is.
Die invloei van water na die Nautedam het teen Woensdagoggend om 10:00 opgehou.
Die Friedenaudam (kapasiteit 6,723 Mm³) het Woensdag om 08:00 sowat 0,5 m³ water per sekonde ontvang, terwyl die Von Bachdam (kapasiteit 47,525 Mm³) 0,027 m³ op Maandag om 20:00 ontvang het. Sedertdien het die invloei van water na dié dam ook opgehou.
Dit het laasgenoemde twee damme se vlakke op onderskeidelik 79,4% en 46,5% te staan gebring, volgens die dambulletin.
FOTO’s
Dolf Potgieter het die foto gister op 'n plaas naby Grootfontein geneem.
Waarheen nou? Uis-berg se voete in die water. Die foto is wyd in sosiale media versprei, maar dis onbekend wir dit geneem het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie