Nog op variant-toetse gewag
Nog op variant-toetse gewag

Nog op variant-toetse gewag

Die ondersoek is nog aan die gang om te bepaal of die Suid-Afrikaanse variant van Covid-19 in Namibië voorkom.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Namibië gaan volgens 'n tussentydse Covax-verslag oor die verspreiding van entstowwe in Afrika 127 200 dosisse ontvang.

Die land is geoormerk om Astra­Zeneca te ontvang, dieselfde entstof waarmee buurland Suid-Afrika voorlopig halt geroep het met sy planne om sy gesondheidswerkers daarmee in te ent.

Laasgenoemde volg nadat 'n klein kliniese proef getoon het dit is nie doeltreffend om ligte tot matige siekte te keer teen die variant wat dominant in Suid-Afrika is nie.

Plaaslik het die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, by navraag gesê ondersoek is nog in Namibië aan die gang om te bepaal of die Suid-Afrikaanse variant hier voorkom.

Volgens Covax se verslag is alle Afrikalande wat deel van dié toegangsplatform vir entstowwe is, ingelig oor die beraamde aantal dosisse wat deel van die eerste fase van aflewerings vorm. Dié globale inisiatief deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO), Gavi (Entstof Alliansie) en die ­Koalisie vir Innoverings vir die Voorbereidheid vir Epidemies (CEPI) beplan om sowat 90 miljoen Covid-19-­entstowwe vandeesmaand te begin verskeep as deel van die vasteland se grootste massa-immuniseringsveldtog ooit. Die uitrol van die ­AstraZeneca/Oxford AZD1222-entstof is onderhewig aan die lys van noodgebruik deur die WHO.

Volgens die Covax-verslag is die finale verskeping van die ­entstowwe gebaseer op produksie­kapasiteit van vervaardigers en die gereedheid van lande.

Lande soos Namibië moet 'n ge­finaliseerde ­nasionale ontplooiings- en immuni­seringsplan voorlê om die ent­stowwe te ontvang.

Die aanvanklike fase van 90 miljoen entstowwe sal Afrikalande help om 3% van die vasteland se bevolking te immuniseer wat die beskerming die nodigste het. Dit sluit gesondheidswerkers en ander kwesbare groepe in die eerste helfte van 2021 in.

“Namate ­produksiekapasiteit verhoog en meer entstowwe ­beskikbaar word, is die doel om ten minste 20% van inwoners in te ent deur tot 600 miljoen dosisse teen die einde van die jaar te verskaf,” lui die verslag.

Ter ondersteuning van Covax het die Afrika-unie 670 miljoen ­entstowwe vir die vasteland bekom wat vanjaar en aanstaande jaar ­versprei gaan word namate lande voldoende finansiering het.

Die doel van die tussentydse verspreidingsverslag wat aan lande gestuur is, is om regerings en gesondheidstelsels die inligting te gee wat nodig is om hul nasionale immuniseringsprogramme te beplan.

Dit bevat inligting oor die aanduiding van verspreiding van 240 miljoen dosisse van die ­AstraZeneca/Oxford-entstof wat by die Serum Instituut van India (SII) gelisensieer is, sowel as die 96 miljoen dosisse van die AstraZeneca/Oxford-entstof wat deel is van die aankoopooreenkoms tussen Gavi en AstraZeneca. Dit het ook 'n oorsig oor die eerste rondte toekenning van die Pfizer-BioNTech-entstof wat reeds op die WHO se Lys vir Noodgebruik is.

Die tussentydse verslag be­klemtoon die inligting is nie bindend nie en is onderhewig aan verandering.

Die hoeveelheid dosisse kan ook wissel vanweë beperking op onder meer vervaardiging. Geen dosisse sal toegeken word aan lande wat nie as gereed beskou word nie.

“Die presiese aflewering ná ­toekenning sal afhang van die volgorde van lande in die verskepings­plan, die tyd wat dit neem om die ­bestelling vir aankope te plaas, regs­verpligtinge sowel as die verskaffer se verwante logistiek,” lui die verslag.

Totale dosisse dek gemiddeld 3% van die totale bevolking van die 145 deelnemende land wat dosisse van ten minste een vervaardiger ontvang.

Dit is in lyn met Covax se doelwit om minstens 3%-bevolkingsdekking in alle lande in die eerste helfte van die jaar te bereik, genoeg om veral gesondheidswerkers te beskerm.
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Currency: GBP to NAD 23.02 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.85 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.71/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +3.99% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.34/BBP UP +0.67% | Platinum US$ 1 088.24/OZ UP +2.51% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.02 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.85 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.71/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +3.99% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.34/BBP UP +0.67% | Platinum US$ 1 088.24/OZ UP +2.51%