Nog net twee hekkies voor AB InBev
Nog net twee hekkies voor AB InBev

Nog net twee hekkies voor AB InBev

Ronelle Rademeyer
Nellie Brand-Jonker - Nadat die Suid-Afrikaanse Mededing­ingstribunaal Donderdag toestemming verleen het vir die internasionale bierreus Anheuser-Busch InBev se oorname van SABMiller, moet nog net twee lande, Amerika en China, die oorname goedkeur.
Die tribunaal het ’n string voorwaardes gestel vir die transaksie wat ’n internasionale bierreus skep wat sy naaste mededingers verdwerg.
Die redes vir die goedkeuring sal binnekort verskaf word.
Carlos Brito uitvoerende hoof van ABInBev sê die maatskappy is nou goed op dreef om die samesmelting in die tweede helfte van die jaar af te handel.
Hy sê Suid-Afrika gaan ’n belangrike rol in die gekombineerde maatskappy speel.
Van die tribunaal se voorwaardes sluit in dat AB InBev ná 2020 ’n nuwe bemagtigingsvennoot moet kry. Nog ’n voorwaarde is dat die nuwe entiteit R1 miljard in die komende vyf jaar in Suid-Afrika in landbou- en ondernemingsontwikkeling belê, met meer as die helfte daarvan om die vermoë te ontwikkel van 800 ontluikende boere om gars te mout. Sowat 2 600 poste moet met dié deel van die belegging in die landbou geskep word.
Die voorwaardes is grootliks wat die Mededingingskommissie voorgestel het in sy aanbevelings asook die voorwaardes wat tussen die samesmeltingspartye en drie staatsdepartemente ooreengekom is. Dit is egter in sekere opsigte verander ná voorleggings van ander partye einde verlede week, wat insluit Heineken, die Black Business Forum, Graan Suid-Afrika, die Taverne-eienaarsvereniging asook die drankmaatskappy Distell.
Die grootste veranderinge sluit in:
Die tydperk waartydens SABMiller se belang in Distell verkoop moet word. Voorheen is gesê dit moet binne drie jaar gebeur. Distell sê dis te lank.
Hoewel die inligting oor die verkoop van die belang vertroulik is, toon inligting wat foutiewelik ingesluit is in die dokument dat ’n versnelde boekbou vir die 26% belang van R9,4 miljard gaan plaasvind. Die genoteerde beleggingsmaatskappye Remgro en Capevin het ’n voorkoopsreg op die belang. Voorheen is berig die logiese koper sal Remgro wees.
Toegang tot ruimte in die yskaste wat die nuwe onderneming aan afsetplekke verskaf, is 'n ander aspek. Dit sluit in dat eienaars van afsetplekke tot 10% in yskaste vir kleiner biermakers opsy kan sit. Geen tydsbeperking geld hierop nie. Nog 10% bo-op dié vergunning geld vir kleiner produsente van sider, maar net vir vyf jaar.
Mededingers kry toegang tot die metaalproppies vir bier wat deur Coleus Packing verskaf word. Coleus is ’n filiaal van SABMiller en die oorheersende verskaffer van dié proppies. Die voorwaarde is gewysig van ’n beperkte tydperk na ’n onbeperkte tydperk solank AB InBev Coleus beheer.
Die verbod op afleggings wat met die samesmelting verband hou, is aangepas met ’n bepaling dat die bewyslas dat dit met die samesmelting verband hou ná vyf jaar na die werkers skuif.
Die verhouding van plaaslike produksie en die aankoop van insetprodukte tot ingevoerde produkte wat SAB Suid-Afrika gehandhaaf het, moet behou of verbeter word. Dit sluit in die aankoop van gars.
Ná twee jaar moet die regering verwittig word oor hoe swart ekonomiese bemagtiging voortgesit gaan word nadat die huidige Zenzele-aandeelhoudingskema vir werkers in 2020 tot ’n einde kom. Die doel moet wees om swart deelname voort te sit. Die Food and Allied Workers’ Union (Fawu) het sy versoek teruggetrek dat Zenzele ná dié datum voortgaan.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%