Nog NBC-werkers keer terug
Die landswye staking is reeds meer as twee weke aan die gang.
Hoewel die NBC-staking landswyd voortduur, het 74 werknemers intussen teruggekeer werk toe en is die Engelse radiodiens, National FM, weer terug op die lug. Die staking is nou twee-en-’n-half-weke aan die gang.
Die voorsitter van die nasionale uitsaaier, mnr. Lazarus Jacobs, sê in ’n verklaring wat vanmiddag uitgereik is daar is tans 141 mense wat werk, aangesien 67 uit die staanspoor besluit het om nie aan die staking deel te neem nie.
Hy sê namate meer werknemers terugkeer, sal meer regstreekse uitsendings hervat.
Die staking is egter steeds nie opgelos nie, weens die vermindering van die regering se subsidie vir die finansiële jaar – van N$331.1 miljoen tot N$127.5 miljoen.
Die hooffokus in dié stadium is om werksgeleenthede te beskerm, eerder as om salarisverhogings in die moeilike tye te gee. “Die raad doen opnuut ’n beroep op die werkers om terug werk toe te keer, omdat hulle weens die ‘Geen werk, geen salaris’ stakingreël hul inkomste verloor,” lui die verklaring.
Arbeidsoptrede gekoppel aan salarisverhoging sal nie die uitdagings oplos nie. Die huidige finansiële situasie van die uitsaaier is so haglik dat vir April 2021 slegs die netto salaris van alle werknemers betaal kon word met die N$6,1 miljoen gedeeltelike betaling van die regering asook inkomste wat self gegenereer is.
Die NBC kan nie enige van sy statutêre verpligtinge soos pensioen- en mediesefondsbetalings nakom nie. Hierdie skuld beloop tans N$30 miljoen en hoop weens rente en boetes daagliks op.
Die huidige finansiële situasie is onhoudbaar en die likiditeitsrisiko uiters hoog, wat moontlik kan lei tot ’n situasie wat normale bedrywighede belemmer en die moontlikheid om voort te gaan as ’n lopende besigheid in gevaar te stel.
Mnr. Cleohas Katuoo van die Unie vir Namibiese Staatsdienswerkers (Napwu) het gesê die unie en NBC het in Desember in beginsel ooreengekom die werkers se behuising- en vervoertoelae sou aangepas word.
“Ons het hierop ooreengekom. Hulle het gevra dat ons ’n pouse vat sodat hulle kan raadpleeg. Hulle het gesê dit is ooreengekom dit was net nie onderteken nie, maar dit was ooreengekom. Die enigste waarop nie ooreengekom is nie, was die salarisverhoging van 5.1%. Hulle moes eers die raad oor die salarisverhoging raadpleeg.
“Vanjaar is al die ooreengekome bepalings van die tafel afgevee omdat daar nie geld is nie. Dit is tog nie onderhandelinge nie?” het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie