Nog 'n wipwafaktor in voedselpryse
Nog 'n wipwafaktor in voedselpryse

Nog 'n wipwafaktor in voedselpryse

Dani Booysen
TW SKRYF: Die media het 'n groot storie van Covid gemaak oor die gevaar wat dit vir almal inhou. Nou is die hype verby en Namibië is toe genadiglik nie naastenby so hard geslaan as baie ander lande nie.

Daar is egter iets wat wêreldwyd opslae maak en 'n baie groter probleem vir Namibië as netto invoerder van voedsel gaan wees, maar nie eers in die media genoem word nie, naamlik:

Daar is wêreldwyd 'n kunsmisskaarste en pryse is letterlik deur die dak. China (grootste vervaardiger van kunsmis in die wêreld) se grens is vir kunsmisuitvoere gesluit tot Junie 2022. Selfs Amerika het nou al uitvoerheffings op kunsmis geplaas om uitvoere te ontmoedig.

Pryse in Namibië het vanaf Maart tot nou, afhangend van die spesifieke produk, met 30% tot ver meer as 100% gestyg en styg steeds.

Selfs in Suid-Afrika het boere wat heeltemal betyds bestel het 50% meer betaal as laasjaar. Sommige produkte is nou fisies onbeskikbaar en Namibië gaan groot tekorte ondervind nog voor einde van die jaar vir die komende plantseisoen.

Moet mense nie bewus gemaak word van die situasie nie? Die potensiaal vir 'n ramp is net so groot, en selfs groter, as Covid.

[Dankie vir u skrywe. Ons stel ondersoek in. – Redakteur]

Kommentaar

Republikein 2025-05-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer