Nog 'n vermeende geval van Kongokoors aangemeld
Nog 'n vermeende geval van Kongokoors aangemeld

Nog 'n vermeende geval van Kongokoors aangemeld

Estelle de Bruyn
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Bernard Haufiku, het in die Nasionale Vergadering aangekondig nog 'n persoon wat in die suidooste van die land woon, is Maandag in die staatshospitaal op Gobabis opgeneem met simptome wat dui op Kongokoors. Bloedmonsters is geneem en vir toetse na Suid-Afrika gestuur. Die toetse van bloedmonsters van vier mense wat in die afsonderingseenheid van die sentrale hospitaal in Windhoek opgeneem is, negatief vir Kongokoors getoets.

Kommentaar

Republikein 2025-11-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer