Nog 'n sterfte, 150 nuwe Covid-19-gevalle
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste dr. Kalumbi Shangula sê 'n 84-jarige vrou van Windhoek wat vir 'n operasie in 'n plaaslike hospitaal opgeneem is, is die land se 16e Covid-19-verwante sterfgeval. Die vrou het volgens Shangula onderliggende mediese toestande gehad.
Die minister het 150 nuwe gevalle van die siekte aangekondig waarvan 62 in Walvisbaai, 40 in Swakopmund, 42 in Windhoek en twee elk in onderskeidelik Gobabis, Eenhana, Oshakati, Okahandja en Rehoboth was. Uit die 150 nuwe gevalle is 100 mans en 50 vroue. Die ouderdomme wissel van sewe tot 84 jaar.
Die 42 gevalle in Windhoek sluit vier gesondheidswerkers en twee onderwysers in. Uit die 42 gevalle is 20 kontakte van bevestigde gevalle.
Shangula het ook die eerste gevalle in die Omahekestreek aangekondig en wel twee. Volgens die minister het nog 12 mense herstel waarvan sewe in Walvisbaai en vyf in Windhoek. Dit bring die totaal op 575 te staan. Namibië het tans 2 802 Covid-19-gevalle in die land.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie