Nog ’n Springbok verlaat die Leeus

Rugby
Die Leeus het bevestig die ervare vleuel Courtnall Skosan gaan sy rugbyloopbaan elders voortsit.

Die Johannesburgers het die nuus op sosiale media bekendgemaak.

Skosan (30), wat 12 toetse vir die Springbokke gespeel het, is op pad oorsee, maar die Leeus het nie verdere besonderhede verskaf nie.

“Dankie vir al die herinneringe, die geleenthede en die goedkeuring om my loopbaan oorsee voort te sit,” sê Skosan.

“Ek was geseënd om sedert 2013 vir die Leeus te speel en dit was ’n voorreg om deel te wees van wat ons sedert daardie tyd gebou het.

“Ek het meeste van my loopbaan in Johannesburg gespeel. Ek het dit geniet om ’n verskil te maak en my stempel af te druk.”

Die nuus van Skosan se vertrek volg ’n maand nadat die Leeus bevestig het sy paadjies met die veteraan losskakel Elton Jantjies en opkomende ster Gianni Lombard gaan skei.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-09-07

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer