Nog 'n geval in Walvisbaai, een in Oshana
Die aantal bevestigde Covid-19-gevalle in Namibië het met twee tot 205 gestyg.
Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) dr. Kalumbi Shangula is een geval in Walvisbaai en een in die Oshanastreek aangeteken.
Geval 204 is 'n 39-jarige Namibiese vrou, 'n inwoner van die Ohangwenastreek wat 24 Junie na Oshakati is om haar kind te gaan sien. Sy het op 5 Mei by familie in Walvisbaai gaan kuier en die 17de Junie teruggekeer. Sy is op 24 Junie in Oshakati getoets omdat sy Walvisbaai besoek het. Sy is in kwarantyn geplaas en het geen kontak met 'n bevestigde geval gehad nie en het ook nie Covid-verwante simptome nie.
Geval 205 is 'n 28-jarige Namibiese vrou van Walvisbaai en 'n kontak van 'n bevestigde geval. Sy is 22 Junie getoets omdat sy Covid-19-verwante simptome getoon het. Die totale aantal weefselmonsters wat tot op hede getoets is, is 9 289.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie