Nog ’n dag in die paradys of hel op aarde
Adolf Kaure
Daar is altyd iets waarvoor jy dankbaar kan wees. Dit is menslik om altyd meer uit die lewe te wil hê. Die persoon wat ’n fiets het, smag na ’n voertuig en die persoon wat ’n voertuig het, se oë dwaal na ’n vliegtuig.
In hierdie moeilike tye is daar so baie dinge wat jy kan opnoem wat sommige mense nie het nie.
Die klompie boemelaars op straat wat dag na dag ’n dollar of ’n halwe brood vra.
Meeste van hulle is daar net omdat die lewe nie altyd regverdig is nie.
Ons almal het hulle misverstaan. Miskien is daardie ou met die vuil klere en bloedrooi oë iemand wat van ’n huis met ’n toksiese atmosfeer weggehardloop het.
’n Persoon wat genoeg gehad het van elke dag se gestryery, fisieke aanrandings sowel as sy ouers se dwelmmisbruik.
’n Boemelaar is ’n persoon nes ek en jy. Hy of sy het ’n hart en sy bloed is rooi en as hy doodgaan sal hy ses voet onder die grond begrawe word – nes ek en jy – sonder enige materiële besittings.
Vrouens wat gedwing word om deur prostitusie geld te verdien, word nou ook meer en meer. Hulle is so desperaat om kos op die tafel vir hul kinders te sit en te sorg dat hulle skool toe gaan. Net soos die boemelaar is hulle in daardie posisie weens omstandighede.
Hulle was miskien huisvrouens wat honderd persent op hul mans afhanklik was. Dan tree die man soos ’n klein seuntjie op en kom nie sy verantwoordelikheide weens verskeie selfsugtige redes na nie.
Meeste van hulle is baie intelligent. Hulle het drome en ambisies om iets met hul lewens te doen wat ’n verskil in hul gemeenskappe sal maak.
Ongelukkig gee niemand hulle ’n kans nie. Die stelsel het hulle uitgesluit. Daar word teen hulle gediskrimineer en die meerderheid mense dink hulle is misdadigers.
Baie het leerlinglisensies en het werksgeleentheded hier en daar. Ongelukkig is dit nie genoeg vir ’n persoon wat van ongure omstandighede by die huis weggehardloop het en in ’n taxi Swakopmund toe vlug nie (waar hulle meer geld kry as hulle bedel). ’n Dorp waar hulle geen vriende en familie, of enige ondersteuningsnetwerk het nie.
’n Klompie briewe is aan die stadsraad geskryf om te vra die boemelaars moet wegbly van sekere gebiede in die dorp. Dit maak dit glo moeilik vir toeriste om hul geld in die dorp te spandeer. Ek dink dit is onregverdig, want hulle is ook Namibiërs.
Covid-19 het omstandighede nie makliker gemaak nie. Mense kry swaar en hul eie families weier om hulle te help.
Namibië het minder as drie miljoen mense. Ons het baie minerale en visse in die see. Hoekom is dit so moeilik om vir drie miljoen mense te sorg? Is dit omdat daar so baie korrupte mense is? Dit kan wees.
Die ministerie van finansies kan ’n inkomstetoelaag voorstel. Die regering kan ook skuilings vir boemelaars bou waar hulle etes en ondersteuning kan ontvang.
In my beskeie opinie werk die voedselbank nie, want jy moet ’n erfnommer hê en daar is te veel burokrasie in dié proses. Al wil ons nie vir hulle ’n afhanklikheidsindroom gee nie, moet ons iewers begin om vir hulle te sorg.
Vir die boemelaar en die vrou langs die straat is hierdie lewe baie onregverdig.
Ons is altyd ondankbaar vir klein goedjies wat ons nie het nie.
Soos Phil Collins in 1989 gesing het, is dit maar net “Another day in paradise” vir my en jou, maar vir die boemelaar en prostituut is dit hel op aarde.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie