Nog ’n Covid-19-verwante sterfte vir Windhoek
Die gesondheidsminister het gister 112 nuwe gevalle aangekondig wat die totaal vir die land op 2 406 te staan bring.
Henriette Lamprecht
‘n Man (49) van Windhoek met ’n chroniese toestand is Windhoek se tweede Covid-19-verwante sterfgeval wat in die hoofstad aangeteken is.
Dit bring die aantal Covid-19-verwante sterftes vir Namibië op 12 te staan. Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS), dr. Kalumbi Shangula, is die man op 28 Julie vir ’n dringende operasie in die Windhoek Sentrale Hospitaal opgeneem. Hy is dieselfde dag getoets en geopereer. Volgens Shangula het hy chirurgiese komplikasies opgedoen en het sy toestand geleidelik versleg. Hy is op 2 Augustus in die hospitaal dood.
Shangula het gister ook 112 nuwe gevalle aangekondig wat die totaal vir die land op 2 406 te staan bring. Uit die 112 nuwe gevalle is 92 op Walvisbaai, twee op Swakopmund, 14 in Windhoek, een op Otjiwarongo, een op Okahandja, een op Karasburg en een op Mariental. Uit die 112 is 79 mans en 33 vroue. Die ouderdomme wissel van nege maande tot 70 jaar.
Uit die 14 gevalle in Windhoek is agt vroue en ses mans. Die ouderdomme wissel van 14 tot 59 jaar. Een van die gevalle is 'n gesondheidswerker. Ses is kontakte van bevestigde gevalle.
Die geval op Otjiwarongo is 'n 24-jarige vrou wat van Walvisbaai 'n saamrygeleentheid met 'n vragmotor geneem het. Die vragmotorbestuurder het Covid-19-verwante simptome begin Julie gehad wat reeds opgeklaar het.
Die geval op Okahandja is 'n 33-jarige man van die Osona-militêre basis met geen kontak met 'n bevestigde geval nie. Die geval op Karasburg is 'n 44-jarige vrou wat uit Suid-Afrika gereis het en in kwarantyn getoets is. Die geval op Mariental is 'n 24-jarige manlike vragmotorbestuurder wat uit Suid-Afrika teruggekeer en op die dorp getoets is.
Die aantal aktiewe gevalle staan tans op 2 207 en die totale aantal weefselmonsters wat tot op hede getoets is, staan op 28 514. Tans is 1 673 mense in kwarantyn in geriewe oraloor die land. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie