Nog 'n Covid-19-geval herstel
Nog 'n Covid-19-geval in Namibië het ten volle herstel wat die totaal nou op 17 uit die bevestigde 31 gevalle te staan bring. Volgens die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) dr. Esther Muinjangue is 5 0 84 weefselmonsters tot op hede getoets. Tans word 531 kontakte gemonitor en is 49 mense gister in kwarantyngeriewe in die land opgeneem. Laasgenoemde bring die totaal op 759 mense wat tans in kwarantyn in die land is.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie