Nog leerlinge, gesondheidswerkers toets positief
Nog leerlinge, gesondheidswerkers toets positief

Nog leerlinge, gesondheidswerkers toets positief

Henriette Lamprecht
Leerlinge en gesondheidswerkers is onder die 128 nuwe gevalle van Covid-19 wat vandag aangekondig is. Uit die nuwe gevalleis 69 van die Windhoek-distrik en sluit drie gesondheidswerkers in. Die gevalle van ander streke sluit 16 leerlinge in, almal kontakte van bevestigde gevalle. Nog vier gesondheidswerkers van ander streke het positief getoets. Die gevalle op Otjiwarongo sluit vier werknemers uit die mynbedryf uit, terwyl die gevalle in Lüderitz vyf werknemers uit die visbedryf insluit.

Uit die 128 nuwe gevalle is 69 in Windhoek, 14 in Omaruru, sewe in Walvisbaai, drie in Swakopmund, een in Usakos, 13 in Otjiwarongo, twee in Grootfontein, een in Okahandja, tien in Lüderitz, een elk in onderskeidelik Karasburg en Keetmanshoop, twee elk in onderskeidelik Onandjokwe en Katima Mulilo en een elk in onderskeidelik Khorixas en Oshakati in.

Nog 31 mense het herstel en sluit 15 in Khomas, nege in Erongo, vyf in //Kharas en twee in Omusati in. Dit bring die totaal op 13 939 te staan.

Die aktiewe gevalle staan op 984 waarvan drie baie ernstig en een kritiek in die Khomasstreek en een kritiek in Erongo. Tot op hede is 164 815 weefselmonsters getoets, 3 360 kontakte word gemonitor en 574 mense is in kwarantyn.

Kommentaar

Republikein 2025-12-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer