Nog gesondheidswerkers in Windhoek as episentrum ontplooi
Die Khomasstreek het nog gesondheidswerkers vir openbare gesondheid en geteikende toetsing ontplooi in reaksie op Windhoek wat huidig die episentrum van die Covid-19-pandemie in die land is. Die streek het tot op hede 1 482 positiewe gevalle waarvan 1 208 aktief is. Sewentien Covid-19-verwante sterftes is reeds in Windhoek aangeteken, terwyl 115 mense in isolasie en 200 in kwarantyn is.
Volgens die streek se goewerneur, me. Laura McLeod-Katjirua, is verskeie isolasiegeriewe identifiseer met 'n totale bedkapasiteit van 79 en wat by hospitale gebaseer is. Drie private isolasiegeriewe is ook identifiseer met die aantal beskikbare beddens wat deur die Rooms-Katolieke Hospitaal, MediClinic en die Lady Pohamba Private Hospitaal bepaal moet word.
Sewe isolasiegeriewe is huidig beskikbaar wat nie by ‘n hospitaal is nie en wat ‘n bedkapasiteit van 134 beddens het, terwyl samesprekings onderweg is om nog drie geriewe te gebruik met ‘n totale bedkapasiteit van 68 beddens. McLeod-Katjirua sê daar is egter steeds ‘n behoefte vir nog 300 beddens. Die streek het 28 kwarantyngeriewe met ‘n bedkapasiteit van ongeveer 400 beddens.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie