Nog bietjie slaap, nog bietjie sluimer

Francoise Steynberg
Die ministerie van die omgewing en toerisme het besoekers aan die Etosha Nasionale Park gister om verskoning gevra toe die Andersson-hek laat oopgemaak het. Toerbusse, overlanders en ander voertuie met toeriste het gisteroggend in lang rye gestaan voor die hek byna 'n uur laat eers oopgemaak is.

“Die hek moes teen sonsopkoms om 06:25 oopmaak, maar het eers om 07:05 oopgemaak. Die hek se sleutels word deur die Namibiese polisie gehou, wat vir die oorhoofse sekuriteit van die park verantwoordelik is,” het mnr. Romeo Muyunda, woordvoerder van die ministerie, by navraag gesê.

Hy het nie op besoekers se bewerings gereageer dat die polisiebeampte wat die hek moes oopsluit, aan die slaap in sy bed gevind is nie. Foto verskaf

Kommentaar

Republikein 2026-01-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer