Nog 91 skoliere toets positief vir virus
Nog 91 skoliere toets positief vir virus

Nog 91 skoliere toets positief vir virus

Dani Booysen
Van die 169 nuwe gevalle van Covid-19 wat vanmiddag vir Namibië aangekondig is, is 91 skoliere.
Leerlinge maak dus 54% van die totaal uit met ‘n nuwe uitbreking by die Sekondêre Skool Okahandja, waar 45 leerlinge positief getoets het. Op Rundu is nog 20 gevalle onder skoliere van SSS Dr. Romanus Kampungu aangemeld.
Onder die nuwe syfer tel ook ses onderwysers en vyf gesondheidswerkers.
Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het nog 63 persone se name van die lys van aktiewe gevalle geskrap.
Twee sterftes is aangemeld; dié van ‘n 55-jarige man op Tsumeb en ‘n 46-jarige man op Keetmanshoop. Eersgenoemde het reeds op 23 Februarie gesterf.
Namibië se totale aantal gevalle skuif op 39 466 al nader aan 40 000. Van die gevalle het 1 979 nog die virus aktief onder lede.
Die land se sterftesyfer staan op 436.
Die aantal persone in kwarantyn het tot 1 848 toegeneem.
Lees later vandag meer besonderhede in ons grafiese Covid-19-bulletin.

Kommentaar

Republikein 2026-06-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer