Nog 659 herstel, twee nuwe sterftes
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, sê uit 1 907 weefselmonsters wat getoets is, het 180 positief vir Covid-19 getoets. Uit die 180 nuwe gevalleis 91 mans en 89 vroue. Die jongste is een jaar oud en die oudste 78 jaar oud. Die meeste gevalle (99) is in Windhoek aangeteken, terwyl 23 in Walvisbaai, 13 in Swakopmund, een in Usakos, vier in Keetmanshoop, drie in Karasburg, drie in Lüderitz, agt in Rehoboth, een in Mariental, nege in Rundu, ses in Okahandja, sewe in Otjiwarongo, vier in Katima Mulilo en twee in Gobabis aangeteken is.
Die minister het ook twee Covid-19-verwante sterftes aangekondig en wel die van 'n 76-jarige vrou in Windhoek en 'n 48-jarige man in Keetmanshoop. Dit bring die totaal op 93 te staan.
Volgens Shangula het nog 659 herstel wat die totaal nou op 4 640 te staan bring. Dit sluit 545 in Khomas, 59 in Erongo, 18 in Ohangwena, 12 in Hardap, 11 in Kavango-Oos, tien in Omusati en vier in Otjizondupa in.
Die getal aktiewe gevalle staan nou op 4 375 waarvan 13 baie ernstig of kritiek is. Tot op hede is 74 093 weefselmonsters getoets en 1 340 mense is in kwarantyngeriewe oraloor in die land.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie