Nog 286 ingeënt, 88 nuwe gevalle, drie sterftes
Die Covid-19-verwante sterftes skuif met drie - al drie in Windhoek - op tot 523, 88 nuwe gevalle is aangemeld en nog 286 mense is teen Covid-19 ingeënt. Die 88 nuwe gevalle sluit vyf onderwysers, vier leerlinge, drie gesondheidswerkers en vier studente in.
Die aktiewe gevalle staan op 1 758 waarvan 173 in die hospitaal en 33 in die ICU is. Nog 172 mense het herstel wat die totaal op 41 484 te staan bring. Uit die 286 mense wat ingeënt is, was 186 in Khomas en 100 in Erongo. Die totaal staan nou op 1 501. Tans is 1 648 mense in kwarantyn en 4 154 kontakte word gemonitor.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie